Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Moenie in dié maatskappye belê’

Die gerespekteerde British Medical­ Journal (BMJ) sê in sy Januarie-uitgawe hy begin die jaar 2020 met ’n veldtog om gesondheidsorganisasies en medici aan te moedig om alle beleggings in olie-, gas- en steenkoolmaatskappye te onttrek.

Die tydskrif sê in sy hoofartikel die tyd het aangebreek om hoop vir die mensdom te skep.

Hy sal in die toekoms, net soos destyds in sy veldtogte teen tabakmaatskappye, geen mediese navorsing publiseer wat deur sulke maatskappye gefinansier is nie.

“Baie van ons voel moedeloos omdat geen politieke konsensus bereik kan word om ons planeet van brande, vloede, siektes en konflik te red nie.

“Ons voel ontmagtig deur die kommersiële invloed wat olie-, gas- en steenkoolmaatskappye se produkte – wat die planeet en die mensdom beskadig – op ons en ons medemens se welstand het.”

Die joernaal wys daarop dat bewyse van die gevolge en uitwerking van die “politiek-kommersiële sameswering” duidelik en skrikwekkend is.

“As ons voortgaan soos nou, sal ons nie die doelwitte vir ’n koolstofneutrale wêreld bereik nie. Populistiese politici steur hulle nie aan die skadelike gevolge van klimaatsverandering nie.

“Groot sakeondernemings dwarsboom en ontken die bewyse van die skadelike invloed wat hul produkte op die mens en planeet het. Hulle saai ook verwarring onder mense daaroor.

“Wanneer toekomstige histo­rici – as daar ’n toekoms is – terug­kyk op ons rentmeesterskap van die aarde, wat sal hul gevolgtrekking wees? Dat ons politici­ en winste toegelaat het om ons planeet, ons enigste tuiste, en onsself skade te berokken?”

Volgens die joernaal durf gesondheidswerkers en -organisasies nie die wêreld aanvaar soos dit nou is nie. “Dit is nie ’n politieke spel of propaganda teen groot korporasies nie. Dit is ons plig om op te tree in belang van die mense in wie se diens ons is én van toekomstige geslagte.”

Almal kan byvoorbeeld optree deur beleggings aan skadelike nywerhede te onttrek.

Daar is reeds talle bewyse dat groot beleggingsmaatskappye en opleidingsinstellings sulke maatskappye die rug toekeer.

“Met dié hoofartikel begin ons dus met ’n veldtog om diegene wat in die mediese wêreld betrokke is, aan te moedig om hul belange aan hierdie skadelike maatskappye te onttrek.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.