Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Nóg data wys hoe vuil lug in M’langa is

Die jongste data oor lugbesoedeling wat van Nasa-satelliete verkry is, wys die lug om Kriel in Mpumalanga is die wêreld se naasgrootste brandpunt van swaeldioksied (SO2).

Greenpeace het Maandag in ’n verklaring gesê dié data, saam met dié wat in Oktober verlede jaar uitgereik is, wys dat die hoë­veld van Mpumalanga die mees besoedelde lug ter wêreld het.

Satellietdata wat in Oktober uitgereik is, wys Mpumalanga is die enkele grootste bron van stikstofdioksiedbesoedeling (NO2) ter wêreld.

Dié besoedelde lug kom van Eskom se 12 steenkoolkragstasies en Sasol se steenkool-tot-brandstof-aanleg in Secunda.

Selfs nywerhede in China en Indië het lugfilters in hul skoorstene, waarom nie Suid-Afrika nie?
Bobby Peek, direkteur van die nieregeringsorganisasie (NRO) groundWork.

Volgens Greenpeace is steenkoolkragstasies en nywerhede wat olie verbrand verantwoordelike vir minstens twee derdes van die gifgasse wat oor Mpumalanga, Johannesburg en Pretoria waai.

Die Suid-Afrikaanse regering, waaronder die departement van omgewingsake, bosbou en visserye, word tans in die hof uitgedaag om die lug in Mpumalanga skoon te maak.

Bobby Peek, direkteur van die nieregeringsorganisasie (NRO) groundWork, het gister gesê dié organisasie en die Vukani Environmental Justice Movement in Action het die regering al in Mei hof toe gevat om hom te dwing om wetgewing oor lugbesoedeling toe te pas.

Tim Lloyd, prokureur van die Sentrum vir Omgewingsregte (CER), wat die NRO’s verteenwoordig, het Maandag gesê Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye en die eerste respondent, het ses weke uitstel gekry om op die hofdokumente te reageer. Haar sperdatum was Vrydag.

“Ons het tot dusver nog niks gehoor nie.”

Die saak, wat bekend is as die “Deadly Air-Life After Coal”- saak, handel oor menseregte wat geskend word deur die gifgasse wat hulle daagliks moet inasem.

Creecy het wel in Junie in ’n mediaverklaring gesê sy sou eerder buite die hof met die NRO’s wil “gesels”.

Volgens Lloyd kan die minister nie deur die media met die NRO’s skakel nie, maar deur die CER, hul regsverteenwoordiger.

Lloyd sê die CER het gister ’n aanmaningsbrief aan Creecy se kantoor geskryf. “Ons het haar nou tyd gegee tot Woensdag om te reageer.”

Peek sê: “Ons vat die minister hof toe om haar te dwing om die lug in Mpumalanga skoon te maak deur Sasol en Eskom te dwing om lugfilters in hul skoorstene aan te bring.

“Selfs nywerhede in China en Indië het lugfilters in hul skoorstene, waarom nie Suid-Afrika nie?” vra Peek.

Meer oor:  Secunda  |  Mpumalanga  |  Kriel  |  Lugbesoedeling  |  Omgewing  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.