Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Nog geen besluit oor Mufasa

Nog geen besluit is geneem oor die moontlike verskuiwing van Mufasa, die rondloperleeu van die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes, nie.

Mufasa by die polisiekantoor in Sutherland. Foto: Verskaf

Sanparke het verlede week gesê die leeu gaan waarskynlik verskuif word. Daar word na ’n paar opsies gekyk en ’n besluit moet nog geneem word.

Mufasa, wat in die park gebore is, het op 15 Februarie onderdeur ’n heining gekruip en was 27 dae lank op vrye voet.

Hy is op 13 Maart in die Sutherland-omgewing uit ’n helikopter met ’n pylgeweer verdoof. Hy het die nag in Sutherland se polisieselle geslaap en is die volgende dag terug na die park geneem.

Fayroush Ludick, ’n woordvoerder van Sanparke, sê die leeu word steeds in ’n boma in die park gehou.

Mufasa se voorganger, Sylvester, het in 2015 ’n soekgeselskap vir 24 dae lank ontwyk. Ná sy tweede ontsnapping in 2016 het hy ’n nuwe tuiste in die Addo-olifantpark gekry.

Meer oor:  Karoo Nasionale Park  |  Beaufort-Wes  |  Mufasa  |  Leeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.