Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Nog ’n aardskudding by Augrabies gevoel

Inwoners van die Augrabies-omgewing in die Noord-Kaap het Vrydagoggend vir die soveelste keer wakker geword toe ’n aardskudding weer daar gevoel is.

“Dit was soos ’n goorpens wat kort-kort rammel,” het ’n Facebook-gebruiker oor dié ligte aardskuddings in die omgewing van Kakamas gesê.

Talle mense het gesê die skudding het Vrydagoggend omstreeks 04:30 met ’n harde knal begin, waarna talle ligter naskokke by Kakamas en Augrabies gevoel is.

Heelwat aardbewings en aardbewing-swerms kom die afgelope nege jaar in die gebied voor.

Volgens die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskappe is aardbewing-swerms wanneer daar heelwat aardbewings in ’n kort tydperk in ’n gebied is.

Heelwat aardbewings en aardbewing-swerms kom die afgelope nege jaar in die gebied voor.

Aardbewing-swerms verskil van aardbewings omdat daar nie een skudding in die reeks is wat as die hoofskudding geïdentifiseer kan word nie.

Dit kom wêreldwyd voor en die gebied rondom die Augrabies-valle ondervind reeds ’n geruime tyd ligte skuddings wat as swerms beskou kan word.

Hoewel die raad sê die aardskudding-swerms kom gewoonlik net oor ’n jaar of twee voor, word dié gebied reeds sedert deur 2010 deur ligte aardskuddings getref.

In Julie 2010 is ’n aardskudding met ’n seismiese meting van 3,7 gevoel, en hierna was daar minstens vyf aardskuddings van sterker as 4 gemeet.

Die eerste keer wat ’n aardskudding hier aangemeld is, was meer as ’n eeu gelede, in 1918, toe mense by Kakamas ’n ligte aardbewing aangemeld het.

Die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) het reeds in 2015 bekend gemaak dat die Augrabies-gebied seismies baie aktief is en as ’n gebied met seismiese risiko’s beskou word.

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskappe het Vrydagmiddag bevestig dat 'n aardbewing van 3 op die seismiese skaal plaasgevind het. Die episentrum van die skudding was tussen Augrabies en Kakamas. Mense wat wil sien waar die aardskudding was, kan op die onderstaande skakel klik.

http://www.geoscience.org.za/index.php/seismic-events1

Meer oor:  Noord-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.