Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
2 trillings vanoggend in Kaapstad gevoel

Minstens nog twee trillings is Sondagoggend in dele van Kaapstad gevoel ná ‘n aardbewing vroeër.

Die Raad vir Geowetenskappe (CGS) het gesê dit is moontlik dat verdere naskokke kan voorkom terwyl die spanning op rotse losgelaat word en dit kan soos ligte vibrasies voel.

“Ons kan nie aardbewings of naskokke voorspel nie en kan nie sê hoe lank dit sal duur nie,” het die CGS verder gesê.

‘n Aardbewing het Saterdagaand omstreeks 19:10 in die see sowat 1 600 km van Kaapstad af plaasgevind, maar volgens die CGS hou Saterdagaand se skuddings in Kaapstad verband met ‘n kleiner aardbewing van 2,5 wat om 20:41 noord van Durbanville in die Wes-Kaap voorgekom het.

Die eerste naskok vanoggend om 09:12 het 2,3 gemeet. Daar is nog nie 'n lesing vir die tweede een nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Hierdie berig is bygewerk nadat dit gepubliseer is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Aardbewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.