Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Nog reën, dalk sneeu in Wes- en Oos-Kaap verwag

Nog reën en ’n kans op sneeu word vir volgende week in die Wes- en Oos-Kaap voorspel.

Nog reën en selfs sneeu word Maandag en Dinsdag in Wes- en Oos-Kaap verwag. Foto: Jaco Marais

Intussen word koel weer die naweek in die Wes-Kaap voorspel met deels bewolkte tot sonnige weer en maksimum temperature onder 20 °C.

Warmer, sonnige weer word die naweek vir die grootste deel van die Oos-Kaap voorspel.

Teen Maandag is daar ’n 80%-kans op reënbuie in Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Clanwilliam, Vredendal, Redelinghuys, Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas en Riversdal.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag ook sneeu op die berge in die Paarl, Worcester, Ceres, Grabouw en Clanwilliam, Oudtshoorn en in Beaufort-Wes.

Dit kan die eerste behoorlike sneeuval van die jaar in dié deel van die land wees.

Die Matroosberg-reservaat buite Ceres het Vrydag ná die jongste kouefront in die Wes-Kaap op sosiale media bevestig dat ligte sneeu oornag geval het en waarskynlik die oggend sou smelt.

Vir Mosselbaai, George en Plettenbergbaai word ’n 60%-kans op buie Maandag voorspel.

In die Oos-Kaap word ’n 30%-kans op buie in Gqeberha (Port Elizabeth), Kariega (Uitenhage), Port Alfred, Graaff-Reinet en Makhanda (Grahamstad) verwag, met ’n 60%-kans op buie in Joubertina.

Ligte sneeu Vrydagoggend op die berge by die Matroosberg-reservaat naby Ceres. Foto: Facebook (Matroosberg-reservaat)

Dinsdag is daar ’n 60%-kans op buie oor die grootste deel van die Wes-Kaap en word nog sneeu op die berge by die Paarl, Grabouw, Worcester, Ceres en Oudtshoorn verwag.

In die Oos-Kaap is daar ’n 60%-kans op buie in Gqeberha, Kariega en Port Alfred, en ’n 60%-kans op sneeu op die berge by Joubertina.

In Graaff-Reinet, Cradock en Komani (Queenstown) is daar ook ’n 30%-kans op sneeu.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Oos-Kaap  |  Kouefront  |  Reën  |  Sneeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.