Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Nuwe bek-en-klou-seer ’n ‘groot terugslag’

Die uitbreking van bek-en-klou-seer op ’n plaas in die Molemole-distrik in Limpopo is uiters kommerwekkend, sê Koos van der Ryst, voorsitter van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).

Volgens hom gaan dit nie net ’n negatiewe uitwerking op die rooivleisbedryf hê nie, maar ook op die landbou-sektor in geheel.

Die departement van landbou het Woensdag aangekondig dat bek-en-klou-seer op ’n plaas in die Molemole-distrik, wat plekke soos Mogwadi (Dendron) en Blouberg insluit, uitgebreek het. Die plaas is onder kwarantyn geplaas.

Dié gebied is honderde kilometer van die beheerde bek-en-klou-seer-buffersone, wat in die gebied aangrensend aan die Krugerwildtuin is.

Die uitbreking kom nadat die gevreesde siekte ook in Januarie in Limpopo gevind is. Dit het toe in die Vhembe-distrik, ook buite die buffersone, uitgebreek.

Van der Ryst sê daar is hard gewerk om Suid-Afrika se bek-en-klou-seer-vrye status te herstel.

“Die jongste uitbreking is ’n groot terugslag. Die oorsaak moet dringend gesoek word.”

Die jongste uitbreking is ’n groot terugslag. Die oorsaak moet dringend gesoek word.

Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van landbou, sê die besmette diere is op die betrokke plaas van die ander geskei. Toetse word gedoen om te kyk of die siekte na aangrensend plase versprei het.

Van der Ryst sê die opskerping van bioveiligheidsmaatreëls is nou noodsaaklik. “Die bewegings van vee in die gebied moet tot ’n minimum beperk word en enige dier wat lyk of dit die siekte het, moet by die staatsveearts aangemeld word.”

Van der Ryst sê bek-en-klou-seer is ’n beheerde siekte en dit is “die primêre verantwoordelikheid van die nasionale en provinsiale departemente van landbou om dit te beheer”.

Die DA in Limpopo het intussen ook ’n beroep op die provinsiale departement van landbou gedoen om te verseker dat die siekte nie verder versprei nie.

bek-en-klou-seer is ’n hoogs aansteeklike virale siekte wat vinnig onder diere met gesplete hoewe (soos beeste, varke, skape en bokke) versprei.

Van die simptome is dat diere lusteloos voorkom en as gevolg van sere in hul bekke nie vreet nie.

Ngcobo het ’n beroep op boere landwyd gedoen om nie vreemde diere by hul veekuddes toe te laat nie en om op die uitkyk vir die simptome van bek-en-klou-seer te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.