Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Olifantrob, pikkewyne en walvisse laat organisasie bontstaan

’n Besoek van ’n olifantrob, pikkewyne en gestrande walvisse het die organisasie Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart) in Mosselbaai die afgelope paar dae behoorlik laat bontstaan.

Volgens Smart is hy Sondag in kennis gestel van ’n groot rob wat naby die Gourits-gebied opgemerk is. Vrywilligers is dadelik soontoe en het op ’n olifantrob afgekom.

Nadat dr. Greg Hofmeyr van Bayworld gekontak is oor die olifantrob se identiteit, is vasgestel dat dit ’n nuwe besoeker is. Die olifantrob is toe Gigi gedoop.

Gigi is deurentyd deur Smart se vrywilligers gemonitor en is Dinsdag weer terug die see in. Volgens Smart het Gigi baie letsels op haar lyf.

Smart het ook die afgelope week pikkewyne van strande verwyder en is twee keer uitgeroep oor gestrande walvisse. Die pikkewyne is aan die Seevoël-en-pikkewyn-rehabilitasiesentrum in Mossdustria buite Mosselbaai vir rehabilitasie oorhandig.

’n Aantal robbe is op strande tussen Danabaai en Groot-Brakrivier opgemerk, soos ’n Kaapse pelsrob wat ’n paar dae op die strand naby Klein-Brakrivier deurgebring het.

Smart sê hy is in kennis gestel van ’n dwerg-spermwalvis (Kogia sima) en ’n pigmee-spermwalvis (Kogia breviceps) wat op strande tussen Boggomsbaai en Nautilusbaai uitgespoel het. Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye en ander belangepartye is gekontak.

Die walvisse moes egter van kant gemaak word nadat verskeie pogings om hulle terug in die see te kry misluk het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.