Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Oorsaak van verstrengeling van walvisse ondersoek

Die verstrengeling van ’n Bryde-walviskalf naby Simonstad word ondersoek ná die karkas Maandag gevind en na die kus gesleep is.

Die karkas van ’n Bryde-walviskalf wat glo in visvangtou verstrengelik geraak het by Millerspunt, tussen Simonstad en Kaappunt in Kaapstad.Foto: Allison Thomson

Die Suid-Afrikaanse walvisontstrengelingsnetwerk (SAWDN) het Dinsdag bevestig hy ondersoek beide dié voorval en die verstrengeling van ’n bultrugwalviskalf Saterdag by Millerspunt tussen Simonstad en Kaappunt. Dit sal help om vas te stel of walvisse weens omliggende visserye of rommel in die see verstrengel geraak het.

Met Saterdagoggend se voorval is die walvis egter losgesny uit die visvangtou en het die kalf toe ongedeerd weggeswem.

Allison Thomson, ’n inwoner van Simonstad, het Dinsdag die hawe besoek waarheen die karkas van die Bryde-walvis gesleep is en foto’s geneem wat aandui dat dit in toue verstrengel geraak heet.

Sy het daarop gewys dat dié walvis-spesie se bevolking kwesbaar is en dit nie ’n trekvis is soos ander walvisse in plaaslike waters nie.

Toue is sigbaar rondom die stert van ’n Bryde-walviskalf se karkas wat Maandag gevind is. Foto: Allison Thomson

Volgens Thomson is daar net lokvalle vir seekat aan dié deel van Millerspunt waar die walvis gevind is en het die kalf waarskynlik in dié toue verstrengel geraak.

* Die publiek word gevra om op die uitkyk te wees vir ’n oënskynlik beseerde walvis wat in toue verstrengel is en van Knysna in die rigting van Plettenbergbaai in die Suid-Kaap geswem het.

Volgens die Facebook-blad Plett Beach Watch is die walvis Maandagoggend in Knysna gesien waar dit in die rigting van Plettenbergbaai geswem het.

Die walvis het beseer voorgekom en was verstrengel in toue.

Mense wat die walvis gewaar, kan die NSRI by 082 990 5975 of die Plett Stranding Network by 079 463 4837 bel.

Lede van die NSRI en Suid-Afrikaanse walvisontstrengelingsnetwerk (SAWDN) het Saterdag ’n bultrugwalvis losgesny uit visvangtou waarin dit naby Simonstad verstrengel geraak het.Foto: SAWDN
Meer oor:  Omgewing  |  Walvisse  |  Bewaring  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.