Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Oos-Kaap beleef warmste lente

Die Oos-Kaap het die warmste lente op rekord beleef.

’n Groep kinders baljaar in ’n poel water wat vloei vanuit die Willowdam in Uitenhage, een van die dorpe in die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Lulama Zenzile

Volgens dié rekords, van 1994 tot 2019, het die provinsie gedurende die afgelope lentemaande (September tot November) gemiddeld maksimum temperature van tussen 2 °C en 3 °C warmer as die standaard ervaar.

Benewens die rekordhoë gemiddelde maksimum temperature wat aangeteken is, het die provinsie ook ’n lente met rekordlae reënval gehad.

“Gemiddeld het die streek 30% minder reën in die lentemaande gehad, met die laagste in Graaff-Reinet, wat slegs 12% van hul standaardreënval gekry het,” lui ’n verklaring van Garth Sampson, skakelbeampte by die weerkantoor in Port Elizabeth.

Volgens die weerkantoor se rekords in die gegewe tydperk was dit in minstens agt dorpe en stede die droogste lenteseisoen, met reënvalsyfers wat soos volg oor die seisoen gemeet is:

* Molteno – 20 mm;

* Elliot – 72 mm;

* Cradock – 14 mm;

* Fort Beaufort – 52 mm;

* Dohne – 60 mm;

* Middleton – 21 mm;

* Makhanda (Grahamstad) – 36 mm; en

* Oos-Londen – 109 mm.

Hoewel dit voorkom of Oos-Londen goeie reën in dié tydperk gekry het, meen Sampson vir dié gebied is die totaal min en volgens hul rekords die laagste nog.

Dus moet water spaarsamig gebruik word, veral met die Nelson Mandelabaai-metro se damme wat tot 35% gedaal het.

In Port Elizabeth (86 mm), Jamestown (9 mm) en Graaff-Reinet (9 mm) was die afgelope lenteseisoen ook die tweede droogste nog op rekord.

Sampson waarsku dat die vooruitsigte vir reën oor die komende somermaande droewig lyk, met onder normale reënval wat oor die Oos-Kaap verwag word.

“Dus moet water spaarsamig gebruik word, veral met die Nelson Mandelabaai-metro se damme wat tot 35% gedaal het.”

Volgens die jongste syfers wat Maandag deur die munisipaliteit bekend gemaak is, is die opgaardamme in die metro nou gesamentlik gemiddeld 35,67% vol, teenoor verlede week se 36,37%.

Die daling in die watervlakke is ondanks die metro se volgehoue pleidooi aan inwoners om water spaarsamig te gebruik.

Meer oor:  Graaff-Reinet  |  Port Elizabeth  |  Oos-Kaap  |  Jamestown  |  Droogte  |  Hittegolf  |  Hitte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.