Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Oos-Kaap keur meesterplan vir oseaan-ekonomie goed

Die Oos-Kaapse provinsiale wetgewer het die groen lig gegee vir die inwerkingstelling van die meesterplan vir die oseaan-ekonomie, wat die provinsiale ekonomie na raming met R10,4 miljard kan stu.

Na verwagting sal in die eerste vyf jaar van dié plan meer as 33 000 poste geskep word.

Die wetgewer gaan nou in samewerking met die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) beleggingsmoontlikhede in die oseaan-ekonomie bemark.

Dit sluit in die opgradering van toerisme-infrastruktuur aan die kus en die ontwikkeling van akwakultuurprojekte.

Die meesterplan vorm deel van die provinsiale wetgewer se ontwikkelingsplan waardeur hy die groeikoers van die provinsiale bruto binnelandse produk (BBP) van 2,8% tot 5% wil laat toeneem teen 2030, en beleggings in die provinsie teen dié datum wil laat toeneem van 16,5% tot 27,1% van die BBP.

Hierdeur wil die provinsiale wetgewer werkloosheid in die Oos-Kaap van 35,4% tot 10% verminder, en armoede van 36,7% tot 7,7% teen 2030.

Die nasionale en provinsiale regering was betrokke by die ontwikkeling van die meesterplan vir die oseaan-ekonomie sodat die provinsie die doelwitte van Operasie Phakisa kan bereik ten opsigte van BBP-groei, werkskepping en die transformasie van die kusgebiede se ekonomieë.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Werkskepping  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.