Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Oos-Kaapse paaie gesluit weens sneeu

Twee bergpasse in die Oos-Kaap is Saterdagoggend vir verkeer gesluit weens gladde paaie nadat sneeu daar uitgesak het.

Luidens ’n verklaring deur die departement van vervoer in die Oos-Kaap is die Lootsbergpas op die N9- nasionale pad tussen Middelburg en Graaff-Reinet en die Wapadsbergpas op die R61-pad tussen Cradock en Graaff-Reinet vir verkeer gesluit.

“Alle nooddienswerkers is op ’n gereedheidsgrondslag geplaas en hou die paaie dop,” lui die verklaring.

“Motoriste word gevra om met verkeersbeamptes saam te werk en om nie te probeer om deur geslote dele van die pad te ry nie, omdat dit onveilig is.”

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Sneeu  |  Paaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.