Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Opruim-werk begin in KZN ná erge storms
’n Laagwaterbrug in die Krugerwildtuin was Saterdag onder water ná swaar reën. Foto: Facebook, Sanparke, Krugerwildtuin

Rampbestuurspanne het met opruimingswerk begin nadat erge donderstorms die naweek die noordelike dele van KwaZulu-Natal (KZN) getref het.

In die jongste voorvalle is die provinsie Vrydag en Saterdag in onderskeidelik Utrecht en die Ulundi-omgewing deur tornado’s getref.

Tornado’s het KZN vandeesmaand al vier keer getref.

Luidens ’n verklaring het Sipho Hlomuka, KZN se LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Vrydag rampbestuurspanne ontplooi ná berigte dat ’n tornado die omgewing van Utrecht getref het.

Erge donderstorms met weerlig, baie sterk wind en swaar reën het wyk 3 in die eMadlangeni- plaaslike munisipaliteit getref. Altesame 106 wonings is in dié storm beskadig.

’n Tornado Saterdagmiddag naby Ulundi.Foto: Twitter, SA Weerdiens

In die Zoeloeland-distriksmunisipaliteit het donderstorms Saterdagaand die volgende gebiede geruk:

  • Nongoma in wyke 2, 3, 15, 17 en 18, waar 45 wonings beskadig is.
  • Ulundi in wyke 2 en 5 (waar ’n tornado opgemerk is), asook wyke 6 en 13, waar 45 huise beskadig is.
  • In Abaqulusi is 15 huise in wyke 1 en 6 beskadig.
  • In uPhongolo is nege huise beskadig.

Rampbestuurspanne evalueer nog die skade in dié gebiede en daar word verwag dat die getal huis wat beskadig is, sal styg.

Tot dusver is geen sterftes of beserings aangemeld nie, lui die verklaring.

Ontwikkelingswerkers en versorgers uit die gemeenskap werk saam met rampbestuurspanne in diep landelike dele van Zoeloeland waar huise ver van mekaar geleë is.

Die departement bied tussentydse verligting aan huishoudings wat geraak is. Dit sluit in die verskaffing van tente, komberse en basiese voorrade.

Die skade wat ’n tornado Vrydagaand in Utrecht aangerig het. Foto: Twitter, SA Weerdiens

Hlomuka maan inwoners om steeds waaksaam te wees aangesien die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel erge donderstorms kan Sondagaand in groot dele van die provinsie ondervind word.

“Ons doen ’n beroep op inwoners om hulself te beskerm deur ag te slaan op hierdie belangrike weerwaarskuwing. Ons doen ook ’n beroep op ouers om te verseker dat leerlinge die regte roetes gebruik om skool toe te gaan,” sê Hlomuka.

Wayne Venter, ’n weervoorspeller van die SAWD, het Sondagmiddag gesê daar is tans geen kans vir enige tornado’s in die noorde van die land nie.

“Hierdie week lyk na ’n warm, baie droër week wat voorlê,” sê Venter.

Die onlangse tornado’s in KZN is volgens hom nie ’n vreemde verskynsel nie.

“KZN is een van die dele in die land wat elke jaar die meeste tornado’s kry. Die aantal tornado’s die afgelope ruk was wel ’n bietjie bonormaal,” sê Venter.

“Tornado’s kom eintlik dwarsoor die oostelike binneland voor. Dit word net nooit aangemeld nie omdat dit gewoonlik in diep landelike gebiede is. Die meeste daarvan word nooit eens gesien nie.”

Intussen het vloede Vrydagnag en Saterdagoggend in dele van die suidelike Laeveld voorgekom.

Die Krugerwildtuin het op Facebook gesê hy het swaar reën oor sy noordelike gebied gekry. Vloede het voorgekom in Sable Hide en die Letaba-laagwaterbrug was ook onder water. Die Shimuwini- en Mopani-ruskamp was nie toeganklik via die laagwaterbrug nie.

Vloede het Saterdag voorgekom in die noordelike deel van die Krugerwildtuin. Foto: Facebook, Sanparke, Krugerwildtuin

Weerwaarskuwing: Donderstorms

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik dat hewige donderstorms moontlik Sondagaand kan voorkom oor die platorand en die Laeveld van Mpumalanga, asook die suidoostelike dele van Limpopo. In KwaZulu-Natal is daar ’n moontlikheid van donderbuie, veral in die sentrale en oostelike dele van die provinsie.

Geen reën word vir die res van Sondag in Gauteng en Noordwes verwag nie.

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Kwazulu- Natal  |  Tornado  |  Weer  |  Oorstromings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.