Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Optrede nodig om koffiesoorte van uitwissing te red

Klimaatsverandering en ontbossing kan meer as die helfte van die wêreld se wilde koffiesoorte, soos onder meer die gewilde Arabica en Robusta, laat uitsterf, waarsku wetenskaplikes.

Foto ter illustrasie.

Die huidige bewaringsmaatreëls vir wilde koffiespesies is nie genoeg om dit op lang termyn te bewaar nie, het kenners van die Britse Royal Botanic Gardens in Kew bevind.

Aaron Davis, hoof van koffienavorsing in Kew en ’n medeleier in dié navorsing, sê onder die koffiespesies wat bedreig word, is sommiges wat in die toekoms vir die kweek en ontwikkeling van koffie gebruik kan word, waaronder sommiges wat ’n weerstand teen siektes het en verslegtende klimaatstoestande kan weerstaan.

Optrede is dringend nodig in sommige tropiese lande, veral in Afrika en meer spesifiek in die bebosde gebiede wat kwaai onder klimaatsverandering deurloop.

“Namate die temperature verhoog en reënval verminder, verklein die geskikte gebied waarop dit gekweek kan word,” het Davis aan Reuters gesê.

Hy het benadruk dat die bevinding nie net vir koffiedrinkers van belang nie.

“Daar is baie lande wat op koffie vir die grootste deel van hul uitvoerinkomste staatmaak. Daar word geraam dat 100 miljoen mense op plase oor die wêreld heen in die koffieproduksie werk.”

Die navorsers, wie se studie Woensdag in die vaktydskrifte Science Advances en Global Change Biology gepubliseer is, sê die bedreiging is veral ’n bekommernis vir Ethiopië.

Dié land is die natuurlike geboorteplek van wilde Arabica-koffie en Afrika se grootste koffie-uitvoerder.

Sowat 15 miljoen Ethiopiërs is by koffieproduksie betrokke en die uitvoer van hul koffie het ’n geraamde waarde van $1 miljard.

Die navorsers voorsien ’n “somber prentjie” vir Arabica, met ’n afname van tot 85% teen 2080 in die gebiede waar dit verbou word.

In ’n vorige studie in 2017 is bevind dat klimaatsverandering daartoe sal lei dat 60% van die grond waarop koffie in Ethiopië geproduseer word, teen die einde van die eeu onbruikbaar sal wees. Reuters

Meer oor:  Koffie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.