Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Orangoetankie met keisersnee in wêreld gebring

’n Orangoetang-kleintjie is gesond nadat sy met ’n keisersnee in die wêreld gebring is omdat daar komplikasies met die geboorte was.

Sy word deur personeellede van ’n dieretuin in die Sedgwick county-dieretuin in Wichita, Kansas, versorg terwyl haar ma, Daisy (36), herstel. Volgens die dieretuin word Samoaanse orangoetangs gebore met die instink om aan hul ma se lang hare vas te klou. Daarom trek versorgers klere met toiings aan waaraan die kleintjie kan vasklou.

Daisy het Donderdagaand in kraam gegaan met haar derde spruit, maar veeartse moes ingryp om te help, aldus KWCH12.

Die ma en kleintjie word vir eers van die publiek af weggehou, maar die dieretuin belowe om gereeld foto’s op sosiale media te plaas.

The Wichita Eagle berig dit is ook die pa, Panji (22), se derde kleintjie.

Nog ’n orangoetang-kleintjie is in Januarie in dié dieretuin gebore, berig dié koerant.

Samoaanse orangoetangs is ’n krities bedreigde spesie, grootliks omdat die woude waar hulle natuurlik voorkom, vir palmolie afgekap word.

" target="_blank">


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.