Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Oranjerivier wat botstil staan ’n ‘reuse-krisis’

Die Oranjerivier, die land se langste rivier en ’n ekonomiese hoofaar, staan nou botstil en staar ’n ramp honderdduisende mense in die gesig.

Met duisende hektaar besproeiingslande rondom die rivier, wat ook onder die droogte deurloop, word ernstige vrae gevra oor die bestuur van die land se grootste waterbron.

Prof. Anthony Turton, ’n waterspesialis verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, sê dit is ’n skande dat die departement nie beheer het oor onwettige waterverbruik nie.

Die Oranjerivier, die langste rivier in die land, staan nou botstil. Foto: Verskaf

Tot 200 spilpunte het glo die laaste vyf jaar in die Aliwal-Noord-omgewing langs die rivier opgeskiet.

Hy sê dit is ’n skande dat die departement miljoene rand bestee het aan die bestuur hiervan, dat daar niks daarvan gekom het nie en dat “enigiemand gratis ’n Google Earth-soektog kan doen en presies sien waar die spilpunte is en wanneer dit verskyn het”.

Die departement is geensins in staat daartoe om aan een van sy kernfunksies, die regulering van waterverbruik, te voldoen nie.

Die Oranjerivier is volgens hom in ’n reuse-krisis.

“ ’n Onderdeel van die rivier is die Vaal, en die Vaalrivier

Die Oranjerivier is in ’n reuse-krisis weens die droogte en met spilpunte wat oral opduik. Foto: Verskaf

is in die grootste krisis ooit in die geskiedenis. En dit is die krisis van rioolvuil.

“45% van Suid-Afrika se bevolking en 65% van die land se ekonomie is afhanklik van die Oranje- en Vaalrivier.

“Die kerndoel van die departement is nie om te reageer wanneer die droogte voorkom nie, maar om voor te berei vir die volgende droogte vóórdat dit gebeur.”

Hulle moet dit bestuur as ’n normale verskynsel omdat die land geneig is tot droogte, sê hy.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie en menslike nedersettings, sê die droogte word nie in ag geneem wanneer iemand aansoek doen vir ’n spilpunt nie, omdat “die droogte ’n tydelike verskynsel” is.

’n Persoon wat ’n spilpunt wil installeer, moet aansoek doen vir ’n permit.

Dieselfde waterbeperkings geld wat in September 2016 ingestel is, sê hy.

Die departement waterwese en sanitasie moet eerder voorberei op droogte as om te reageer wanneer die droogte reeds daar is, meen kenners. Foto: Verskaf

Jakkie van Zyl, voorsitter van die Maletswai-sakekamer, sê die Oranjerivier wat stilstaan, is omdat die gebied nie wintersneeu in die opvangsgebied en die normale reënkwota betyds gekry het nie.

Aliwal-Noord sukkel die laaste maande met ’n watertekort. Die Goedemoed-gevangenis met duisende gevangenes, word ook geraak.

“Kraairivier staan ook en bring nie water dorp toe nie. Lesotho het ook nie reën en sneeu gehad nie.”

Die ooreenkoms met dié land is dat as die Katsedam onder 40% vol is, laat hulle nie water uit wat afloop in die Oranjerivier nie. Dié dam is glo net 12% vol.

“As daar ’n groot dam bokant die dorp was, sou daar geen van dié probleme gewees het nie,” sê Van Zyl.

Die Oranjerivier, die langste rivier in die land, staan nou botstil. Foto: Verskaf

Die destydse departement van waterwese en bosbou het reeds meer as 20 jaar gelede aanbeveel dat daar ’n dam gebou moet word.

Die naam van die dam, soos deur die departement van waterwese en sanitasie gebruik, is die Verbeeldingskraaldam.

Penne is volgens Van Zyl jare terug al ingeslaan om die gebied af te baken, maar daar het dadels van gekom.

Ratau het nie reageer op die vraag oor hoe ver die planne vir dié dam is nie.

Intussen praat die sakekamer deurlopend met die distrik- en plaaslike munisipaliteite oor die oprig van kleiner opgaardamme op die wal van die rivier.

“In dié stadium red die bronne se water ons deur vir enkele ure die stelsel te voed.

“Dit is maar baie karig, aangesien die aanvraag die voorsiening baie ver oorskry.”

Meer oor:  Prof. Anthony Turton  |  Oranjerivier  |  Besoedeling  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.