Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ou oorloop by Tuinroetedam gesloop
Die uitgrawing vir die oorloop by die Tuinroetedam in George is voltooi en werk vind plaas om die eerste laag beton te gooi.

Die ou beton-oorloop by die Tuinroetedam in George in die Suid-Kaap is gesloop en ’n nuwe dreineringskanaal gegrawe.

Die werk is deel van ’n grootskaalse projek om die oorloop van die dam te verhoog. Die beplanning vir die projek het reeds in Desember 2008 begin.

Die bouwerk is op koers en behoort binne die konstruksietydperk van 10 maande voltooi te word, sê die George-munisipaliteit in ’n verklaring.

Die uitgrawing vir die oorloop is voltooi en werk het begin om die eerste laag beton te gooi. Meer as 500 rotsankers is ook aangebring.

Die bouwerk het reeds op 13 Mei begin. Die projek behels onder meer die verhoging van die oorloop-stuwal, die struktuur wat vloedwater vrylaat om te keer dat dit oor die damwal vloei. By voltooiing van die projek sal die dam sowat 25% meer water kan opgaar.

Die nuwe oorloop se lengte sal sowat 80 m wees en wissel in hoogte tussen 3,7 m en 4,7 m (bo die bestaande grondvlakke).

Die bouwerk word gedoen op ’n terrein suid van die treinspoor en oos van Meyerstraat by die ingang na die dam en sluit die gebied wes van die Nelson Mandela-Universiteit se kampus en eiendom van die Mountain To Ocean-bosboumaatskappy (MTO) in.

Die bouterrein bly weens veiligheidsredes vir die publiek gesluit en kennisgewingborde is in die verband aangebring.

Meer oor:  Tuinroetedam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.