Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Oupote se pret kos wildtuin ’n waterpyp
Die webkamera by die Punda Maria-dam in die Krugerwildtuin het die olifant betrap toe hy water uit die toevoerpyp drink.
Twee olifante trek aan die watertoevoerpyp by die Punda Maria-dam.

Oom Olifant, die Krugerwildtuin se reusedier, het besoekers laat lag van plesier toe hy onlangs ’n waterpyp in die park beetgekry het.

Die grootpoot is Maandag gekiek toe hy aan die waterpype by die Punda Maria-dam in die noorde van die wildtuin gepeuter het.

Hy het gou ook sy maats nader geroep.

Die stertjies-van-agter-en-van-voor het eers water direk uit die pyp gedrink en toe, volgens Isaac Phaahla, die wildtuin se woordvoerder, die pyp uitgeruk.

“Ons vermoed die diere was nuuskierig en het toe die pyp uitgeruk wat water na die dam lei,” sê Phaahla.

Die pype is volgens hom nie skadelik vir die diere nie, maar dit het wel die wildtuin se beursie skade berokken.

“Ons kry nog kwotasies en die pyp sal binnekort vervang word.”

Phaahla sê dit gebeur beslis nie aldag in die wildtuin nie.

Al hoe meer olifante het kom ondersoek instel na die watertoevoerpyp by die Punda Maria-dam.
Die stertjies-van-agter-en-van-voor het eers water direk uit die pyp gedrink en toe die pyp uitgeruk.

Dr. Ferreira du Plessis, ’n veearts van die Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad (MTPA) wat verantwoordelik is vir konflikbestuur tussen wild en mense, sê die olifante is nie aggressief nie en het waarskynlik net gespeel.

“Olifante is hoogs intelligente diere en het tien teen een net pret gehad.”

Olifante is wel ook bekend daarvoor dat hulle lui raak om dam toe te loop en sal mensgemaakte goed soos toilette breek om water te kry.

“Dit blyk wel nie hier die geval te wees nie, aangesien daar nie nou ’n watertekort in die wildtuin is nie,” sê Du Plessis.

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Olifante  |  Water  |  Wildtuin  |  Waterpyp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.