Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Paasnaweek bring bietjie reën vir Wes-Kaap

Paasnaweek is bekend daarvoor dat dit die begin van die reënseisoen in die Wes-Kaap aankondig, en al word daar net ’n paar millimeter voorspel, gaan dit wel Saterdag reën.

In Kaapstad, waar 26 000 atlete aan die Twee Oseane-marathon deelneem, is daar Saterdag ’n kans op 3 mm reën met koel temperature wat wissel tussen 14 °C en 19°C. ’n Ligte suid-suidwestelike wind word verwag. Geen reën word vir die res van die naweek oor die Moederstad verwag nie en temperature sal wissel tussen 13 °C en 23 °C.

In Stellenbosch en die Paarl word dagtemperature van enkele grade warmer tot 25 °C verwag, asook ’n kans van enkele millimeter reën Saterdag.

Aan die Weskus is dit by Langebaan baie dieselfde prentjie met temperature tussen 11 °C en 24 °C en ligte reën wat vir Saterdag voorspel word, met sonskyn die res van die langnaweek.

In die distrikte van Grabouw en Hermanus word daar geen reën vir die res van die Paasnaweek voorspel nie, met Grabouw se minimum temperature ’n verwagte koeler 11 °C en maksimum temperature tot Maandag rondom 20 °C.

In die Suid-Kaap word reën van Sondag af verwag in George, met nog reën wat vir Maandag en Dinsdag voorspel word. Temperature gaan wissel tussen 11 °C en 22 °C

In die Oos-Kaap is daar in Port Elizabeth ’n goeie kans vir reën, tussen 60% en 70%, van Sondag af. Temperature sal ’n matige 13 °C tot 21 °C wees. In Cradock is daar Maandag ’n 60%-kans vir sowat 5 mm reën.

Meer oor:  Droogte  |  Wes-Kaap  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.