Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Pad na Kruger-hek weer oop ná betoging

Die pad na die Krugerwildtuin wat Woensdag weens betogings versper is, is weer oopgestel.

Sanparke het Woensdag ’n verklaring uitgereik om besoekers aan die wildtuin aan te raai om nie die R536-pad, wat na die Kruger-hek lei, te gebruik nie weens betogings deur die plaaslike gemeenskap.

Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het dit duidelik gemaak dat die betogings niks met die wildtuin te doen het nie, en dat ’n nabygeleë gemeenskap die pad versper het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder, het omstreeks 12:30 aan Netwerk24 gesê dat die betoging verby is.

“Die gemeenskap het slegs ’n kort rukkie betoog. Die polisie is op die toneel en die pad is oopgestel.”

Hy het bevestig dat die gebied rustig is.

Besoekers is vroeër aangeraai om eerder die Phabeni- of Numbi-hek te gebruik hoewel die Kruger-hek nie gesluit was nie.

“Ons het besoekers vir hul eie veiligheid aangeraai om ander hekke te gebruik,” sê Phaahla.

Meer oor:  Betogings  |  Krugerwildtuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.