Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Perlemoen-bedryf moet anders bestuur word’
Foto ter illustrasie.Foto: Argief

Die bestuur van Suid-Afrika se perlemoenhulpbronne moet op ’n heel nuwe manier gedoen word, sê Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye.

Hy het Vrydag in ’n verklaring bekend gemaak dat die kwota perlemoen wat in die 2018-’19-boekjaar uitgehaal mag word, van die aanvanklike perk van 50,5 ton tot 96 ton verhoog is.

Gelisensieerde permithouers het beswaar gemaak teen die aanvanklike toedeling en gekla daar is nie behoorlik met rolspelers in die perlemoenbedryf gekonsulteer nie.

Zokwana erken die bestuur van die perlemoenbedryf moet hersien word sodat dié bedreigde spesie beter bestuur kan word.

Hy sê korrupsie in die geledere van sy departement moet uitgeroei word en amptenare moet hul werk doen om die grootskaalse perlemoenstropery te beveg.

Zokwana sê dit is belangrik dat daar plaaslik en in die buiteland ’n bewusmakingsveldtog is sodat mense verstaan hoekom dit belangrik is om stropery te stop.

Mense moet ook nie dink die departement straf ondernemings wat wettig perlemoen uithaal omdat stropery toeneem nie.

Ek hou nie daarvan dat mense dink my departement bestuur net die 5% van perlemoen wat wettig uitgehaal word, terwyl stropers 95% van die perlemoenhulpbronne stroop nie,

“Ek hou nie daarvan dat mense dink my departement bestuur net die 5% van perlemoen wat wettig uitgehaal word, terwyl stropers 95% van die perlemoenhulpbronne stroop nie,” sê Zokwana.

Hy vra onder meer dat perlemoenplase die staat help om perlemoen te kweek en terug in die see te sit om die getalle te laat toeneem.

Meer oor:  Senzeni Zokwana  |  Bewaring  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.