Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Reuse-advertensies teen SA trofeejag verskyn
Een van Peta se nuwe advertensieborde.

“Trofeejag skeur gesinne uiteen.”

Dít is die boodskap wat gedruk is op 11 reuse-advertensieborde wat die bewaringsorganisasie People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) in Suid-Afrika wil oordra.

Die advertensieborde het in die laaste paar dae langs hoofweë oor die land heen hul verskyning gemaak.

Nirali Shah, Peta se woordvoerder, het die naweek gesê die organisasie het besluit dit het tyd geword om trofeejag te teiken. Vir Peta was die laaste druppel aan die emmer die “tydverdryf”-video-opnames van ’n Amerikaanse jagter wat ’n jong olifant in een van die private natuurreservate langs die Krugerwildtuin doodgeskiet het.

Peta beklemtoon dat jag glad nie in die Krugerwildtuin toegelaat word nie, maar dat die jong olifantbul van dié nasionale park oorgestap het na die aangrensende wildreservaat en hom in ’n koeëlreën vasgeloop het.

Shah het per e-pos gesê die jagter het byna R500 000 vir die ervaring betaal.

In die video-opname is die stemme van gidse hoorbaar.

Jason Baker, Peta se vise-president, het daarop gewys dat toeriste gereeld na Suid-Afrika vlieg om wild vir die plesier dood te skiet.

“Hulle gee vir hom instruksies, terwyl vyf skote na die olifant se kop afgevuur word. Op die video sien ’n mens hoe die olifant later op sy knieë neersak. Dit is nie duidelik hoeveel skote die jagter nog op die dier geskiet het voordat hy dood is nie.”

Jason Baker, Peta se vise-president, het daarop gewys dat toeriste gereeld na Suid-Afrika vlieg om wild vir die plesier dood te skiet.

“Peta doen nou ’n beroep op elke goedhartige Suid-Afrikaner om dié organisasie te help om hierdie hebsugtige en wrede praktyk eens en vir altyd stop te sit.

“Trofeejagters maak jaarliks miljoene wilde diere dood. Hierdie praktyk het al daartoe bygedra dat spesies van oor die wêreld heen uitgesterf of byna uitgesterf het.”

Die Tasmaniese buidelwolf (Thylacinus cynocephalus of Tasmanian tiger), ’n hondagtige buideldier, is maar net een dier wat weens trofeejag uitgesterf het, het Baker gesê.

“In teenstelling met natuurlike vyande wat hoofsaaklik siek en swak diere doodmaak, teiken trofeejagters groot, gesonde diere wie se gene moet help om ’n bevolking gesond te hou.

Diere is nie ons s’n om op enige manier te misbruik nie.

“Diere wat oorleef, maar deur trofeejagters gekwes word, gaan gewoonlik later stadig en vol pyn dood. Soms gaan hulle weens bloedverlies en honger dood.

“Peta, waarvan die slagspreuk is: ‘Diere is nie ons s’n om op enige manier te misbruik nie’, is geheel en al gekant teen trofeejag.”

Baker sê Peta veg as organisasie teen die gedagte dat die mens verhewe is bo diere en die feit dat diere dikwels bloot as trofeë of handelsitems beskou word.

Die advertensieborde is onder meer te sien by Van Buuren-weg, buite die Randse Lughawe, by die Brooklyn-sentrum in Pretoria, in Kaapstad, Durban, Krugersdorp en in Sandton.

Meer oor:  Peta  |  Suid-Afrika  |  Wildbewaring  |  Jag  |  Natuurbewaring  |  Trofeejag  |  Jagters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.