Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Polisie red leeuwelpie in Athlone
Ao. H.S. Schroeder en ao. A.J. van Greunen saam met die leeuwelpie wat Woensdag in Athlone gered is.Foto: Verskaf

Die polisie het Woensdag ’n leeuwelpie in Athlone gered wat van Thabazimbi in Limpopo na die Wes-Kaap gebring is.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring speurders verbonde aan die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het Woensdag inligting oor die leeuwelpie opgevolg.

“Verskeie adresse in Athlone is deursoek en die welpie is gevind.”

’n Dossier vir die besit van ’n bedreigde spesie is geopen en die leeuwelpie is na ’n plek van veiligheid geneem.

Drie persone tussen die ouderdom van 28 en 30 jaar is reeds vir ondervraging ingeneem. Die ondersoek duur voort.

Rwexana sê die geraamde straatwaarde van ’n leeuwelpie is R50 000.

Meer oor:  Athlone  |  Polisie  |  Leeuwelpie  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.