Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Hennopsrivier oorstroom, Apiesrivier kan volg

Nooddienswerkers in Gauteng het Maandag gespook om talle mense te red wat deur vloedwater vasgekeer was.

’n Man kyk deur ’n venster van die Centurion-hotel wat deur die vloedwater omring is. Foto: Deaan Vivier
Die Hennopsrivier oorstroom sy oewer by Endstraat in Centurion.Foto: Deaan Vivier

In Centurion is paaie vir verkeer gesluit nadat die Hennopsrivier sy oewer Maandag op etlike plekke oorstroom het.

Die Riverside Place-woonstelblok, asook die onderste verdieping van die Centurion-hotel het oorstroom.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê alle gaste en personeel is intussen veilig uit die hotel gebring.

Mabaso sê nooddienste het deur die loop van die oggend etlike reddingsoperasies in Centurion uitgevoer:

  • Drie mense van ’n informele nedersetting langs die Supersport Park-stadium is gered toe hulle deur vloedwater vasgekeer is.
  • Op die Nelmapius-pad is mense van ’n voertuig se dak af gered.
  • Nooddienswerkers het ook gehelp om drie kinders en twee volwassenes na veiligheid te bring nadat Jan Smuts-Rylaan oorstroom het.

Mabaso het mense wat langs die Apiesrivier in Pretoria woon gewaarsku om versigtig te wees aangesien dié rivier sterk vloei en reeds op plekke sy oewer oorstroom het.

LEES OOK: Soveel water en nog op pad 

Voertuie staan in water by die Riverside Place-woonstelblok langs die Hennopsrivier in Centurion.Foto: Deaan Vivier

Nooddienste kyk ook uit vir moontlike oorstromings tussen Pretoria en Bronkhorstspruit, sê Mabaso.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Maandag ’n waarskuwing uitgereik vir moontlike oorstromings op plekke in Noordwes, Gauteng, die westelike dele van die Hoëveld van Mpumalanga en die noordoostelike dele van die Vrystaat.

Meer oor:  Hennopsrivier  |  Centurion  |  Weer  |  Oorstromings  |  Kitsvloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.