Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Publiek kan help om fynbos te red
Kaapse fynbos. Mense word gevra om wanneer hulle in die veld stap op die uitkyk te wees vir plante wat doodgaan of lyk of dit swaarkry. Navorsers probeer vasstel watter mikro-organismes fynbos aanval.Foto: Cape Citizen Science

Fynbos word aangeval deur unieke patogene wat hulle blitsig kan uitwis, maar dit is moontlik om ’n siekte-uitbreking vinnig te keer met die hulp van natuurliefhebbers.

Mense wat gereeld stap of fietsry in gebiede waar fynbos voorkom, word gevra om op die uitkyk te wees vir fynbos wat óf dood is óf lyk of hulle swaarkry. Daar is begin met ’n nuwe projek, genaamd Cape Citizen Science, vir hierdie doel.

Joey Hulbert, doktorale student aan die Universiteit van Pretoria se departement van plant- en grondwetenskappe, sê daar is klein organismes wat fynbos aanval. Dit was juis so ’n patogeen wat verantwoordelik was vir die Ierse “aartappel-hongersnood”.

Een so ’n patogeen maak die wortels van verskeie proteas dood en kan verantwoordelik wees vir die dood van baie bome om Tafelberg.

Net in die Kaapse Skiereiland alleen is daar 2 285 fynbosspesies.

Mense word gevra om sterwende of dooie plante af te neem, asook die GPS-koördinate te neem en die inligting dan op die projek se webtuiste te laai. Die plante moet egter nie versteur word nie omdat baie van hulle beskerm is.

Vroeë opsporing indien ’n siekte uitgebreek het, is kritiek en dit kan gekeer word voordat dit te ver versprei. Grondeienaars word ook gevra om op die uitkyk te wees.

* Besoek http://citsci.co.za/ om foto’s en inligting op te laai van plante wat sterwend of dood is.

* Die projek sluit alle gebiede in waar fynbos voorkom, ook in die Oos-Kaap.

Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Fynbos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.