Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Raaisel om 36 olifante se dood

Die Botswana-regering het inwoners van verskeie streke in die Okavango-delta gewaarsku om weg te bly van die karkasse van 36 olifante wat die afgelope week hier aan ’n onbekende oorsaak dood is.

Die departement van wildlewe en nasionale parke in die Seronga-gebied in die Okavango het die naweek in ’n verklaring ’n beroep op inwoners van die dorpies Gunotsoga en Eretsha gedoen om nie van die vleis van die olifante te eet nie omdat niemand nog weet wat die diere se soos veroorsaak het nie.

Die regering is besig met nadoodse ondersoeke.

Verskeie veeartse het gesê die olifante is moontlik vergiftig of is aan miltsiekte (antraks) dood.

Amptenare het gesê die diere is beslis nie gestroop nie omdat almal nog hul tande het.

Dimakatso Ntshebe, streekskoördineerder van die departement, het gesê amptenare het Vrydag 16 olifantkarkasse in die delta gekry. Hulle het die naweek bote en vliegtuie gebruik om die gebied verder te fynkam en het op die res van die karkasse afgekom.

Die soektog na nog dooie olifante het teen Maandagmiddag voortgeduur.

Ntshebe het gesê as dit blyk die diere is aan miltsiekte dood, sal al die karkasse verbrand moet word.

Dr. Wave Kasheeka, staatsveearts, vermoed dat die olifante nie aan miltsiekte dood is nie omdat die siekte gewoonlik nie in die herfs uitbreek nie.

Geeneen van die olifante het skietwonde gehad nie.

Dit is onseker wanneer die resultate van die laboratoriumtoetse bekend sal wees.

Meer oor:  Botswana  |  Olifante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.