Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Raamwerk uitgetimmer vir natuur

Klimaatsverandering, mynbou, stropery en bevolkingsontploffings is die grootste omgewingsverwante uitdagings in Suider-en Oos-Afrika.

Hieroor was regeringsverteenwoordigers van Suid-Afrika, Uganda, Rwanda, Kenia, Ethiopië, Mosambiek, Tanzanië, Madagaskar en Suid-Soedan Dinsdag eens op die konferensie van die Wêreldbewaringsunie (IUCN).

Nosipho Ngcaba

Beleidmakers van dié lande en verteenwoordigers van bewaringsorganisasies het in Kempton Park byeengekom vir ’n driedaagse konferensie oor ’n raamwerkooreenkoms vir die bewaring van biodiversiteit.

Nosipho Ngcaba, direkteur-generaal van die departement van omgewingsake, bosbou en visserye, het gesê Suid-Afrika het van die grootste biodiversiteit ter wêreld, maar is ook een van die 30 droogste lande.

“Ons woon eintlik in ’n halfwoestyn en ons is besig om ons ekostelsels te verloor.”

Ngcaba het gesê die redes vir die Suid-Afrika se omgewingsagteruitgang is hoofsaaklik die vernietiging van vleilande, mense wat in laagliggende gebiede informele huise bou en swak landboumetodes.

Haar departement het nou ook oorlog verklaar teen die plastiekbesoedeling van die see, sê sy. Die departement het ’n projek begin wat genoem word “Van die bron na die see”.

“Alle besoedelingsitems wat in die see beland, het sy oorsprong op land. Daarom begin ons op land opruim,” het sy gesê.

Oor marienebewaringsgebiede het Ngcaba gesê 5,4% van Suid-Afrika se kuslyn word tans bewaar. Suid-Afrika het nou amptelik 21 marienebewaringsgebiede. “Ons gaan dit in die huidige administrasie na 10% uitbrei,” het sy gesê.

Haar departement is daartoe verbind om die verlies aan biodiversiteit te keer. “Ons kan dit egter nie alleen doen nie en moet hande vat met die burgerlike samelewing, bewaringsorganisasies en die sakegemeenskap.”

Die toenemende stropery van renosters en perlemoen ondermyn intussen die departement se bewaringsinisiatiewe.

“Dit is ook vir die departement ’n uitdaging om gemeenskappe daarvan bewus te maak dat die bewaring van biodiversiteit nie in geldwaarde gemeet kan word nie. Mense wil ongelukkig nog al die tyd geld sien wanneer hulle deel is van die bewaring van ekostelsels.”

Jean Harris, ’n marienewetenskaplike van die Suid-Afrikaanse bewaringsorganisasie Wild­oceans, het gesê die oseaan verkeer in ’n krisis.

Operasie Phakisa se oseaanekonomie sal miljoen werkgeleenthede skep. Die oseaan skep tans net meer as 316 000 werkgeleenthede.

Sy het verwys na die IUCN se rooidatalys wat pas uitgereik is en gesê pylsterte en haaie is op die rand van uitwissing.

Die Indiese Oseaan is ’n biodiversiteitsbrandpunt en groot skade word nou daar aangerig. Al hoe meer “vreemde skepe” vang daar vis en die belangstelling in gas- en olie-eksplorasie neem toe.

Serge Ninna Rajobelina van Madagaskar het gesê dié land se grootste uitdaging is om China en Asië se honger na mariene bronne te stil. Hy sê ook honderde vreemde skepe vaar daagliks in die Indiese Oseaan

Harris meen in die Wêreldbewaringsunie wat vir die natuur opgestel word moet gefokus word op die “blou ekonomie”, ’n balans in die see en hernubare energie, pleks van die oseaanekonomie, die myn van die seevloer en die uitpomp van olie en gas uit die seebodem.

Ntsiki Mbono van die departement van omgewingsake, bosbou en visserye se oseaan- en kusafdeling het gesê dié departement ondersteun die oseaan-ekonomie onder Operasie Phakisa.

Dit sal volgens Mbono teen 2033 sowat R177 miljard tot die ekonomie bydra. Die bydrae van die oseaan tot die Suid-Afrikaanse ekonomie was in 2010 sowat R54 miljard.

Operasie Phakisa se oseaanekonomie sal miljoen werkgeleenthede skep. Die oseaan skep tans net meer as 316 000 werkgeleenthede. Sy het gesê dit is vir die departement ’n uitdaging om ’n “behoorlike balans te kry tussen mynbou op land en in die see en die bewaring van spesies en ekostelsels”.

“Ons sal ‘n oplossing hiervoor moet kry,” het sy gesê.

* Verteenwoordigers van Mosambiek, Ethiopië en Kenia het hul kommer uitgespreek oor die bevolkingsontploffings in hul land wat biodiversiteit bedreig.

Meer oor:  Bewaring  |  Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.