Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rampe kos wêreld $150 mjd.

Verlede jaar het 820 natuurrampe die wêreld getref. Die meeste hou direk verband met klimaatsverandering.

9 000 mense is daarin dood en skade van sowat $150 miljard is aan infrastruktuur, soos geboue, paaie, brûe, kragkabels en spoorlyne, aangerig.

Hiervan was infrastruktuur van net $52 miljard teen natuurrampe verseker.

Die meeste van die skade is deur tropiese siklone veroorsaak, het die versekeringsreus Munich RE onlangs bekend gemaak.

Munich RE maak jaarliks vroeg in Januarie die verlies aan menselewens en die finansiële skade wat natuurrampe die vorige jaar aangerig het, in sy jaarverslag bekend.

’n Man staan op die dak van sy huis in die Buzi-distrik buite Beira, Mosambiek, ná die sikloon Idai in Maart 2019. Foto: REUTERS

Hy sê in ’n verklaring net ’n derde van die infrastruktuur, geboue en paaie wat verwoes is, was verseker. Dít maak sowat $52 miljard uit.

Torsten Jeworrek, ’n direksielid van Munich RE, sê dit is duidelik dat ’n groot deel van die “mark” nie hul bates verseker het nie.

Verlede jaar was dit veral ernstige vloede wat enorme skade aan infrastruktuur veroorsaak het.

Jeworrek sê die ernstige skade wat siklone verlede jaar aan infrastruktuur aangerig het, wys hoe belangrik kennis van die veranderende klimaat is.

“Die invloed van klimaatsverandering kan reeds gesien en gevoel word.”

Geboue en ander infrastruktuur moet so ontwerp word dat dit groter weerstand teen die veranderende klimaat kan bied, sê hy.

Die wêreld het in 2018 sowat $160 miljard (sowat R2 000 miljard) weens natuurrampe verloor.

  • Volgens Munich Re is 10 400 mense in 2018 in natuurrampe dood. Die afgelope drie dekades is 53 000 dood. Die sikloon Idai, wat Mosambiek, Malawi en Zimbabwe in Maart verlede jaar getref het, was die grootste humanitêre katastrofe van 2019.

Meer as 1 000 mense is dood en honderdduisende het al hul besittings verloor.

Idai het die kusstad Beira getref en winde het teen 170 km/h gewaai. Die verlies wat Idai veroorsaak het, is op $2,3 miljard geraam.

“Byna niks was verseker nie.”

The eye of Hurricane Dorian remains near the city of Freeport, Bahamas in a satellite photograph distributed by the NOAA’s National Weather Service September 2, 2019. National Weather Service/Handout via REUTERS. Foto:

Saam met die winde het vloede mense se meestal informele huise en landerye verwoes.

’n Tweede sikloon, Kenneth, het die land ’n maand later getref.

Hierdie buitengewone omstandighede is bewys daarvan dat menselewens en infrastruktuur in arm, ontwikkelende lande beter beskerm moet word.

Enkele van die grootste natuurrampe:

’n Tweede tifoon wat Japan getref het, Hagibis, wat verlede jaar van 6 tot 13 Oktober chaos in die land veroorsaak het, het skade van U$17miljard aangerig. Hiervan was infrastruktuur ter waarde van U$10miljard verseker. Tydens dié tifoon het 1 000mm reën binne twee dae in dele van dié land geval.

Jeworrek het gesê die ernstige skade wat siklone in 2019 aan infrastruktuur in verskeie dele van die wêreld aangerig het, wys net hoe belangrik kennis oor die veranderende klimaat is. “Die invloed van klimaatsverandering kan reeds gesien en gevoel word.” Geboue en ander infrastruktuur moet só ontwerp word dat dit groter weerstand teen die veranderende klimaat kan bied, het hy gesê.

Volgens Munich Re is 10 400 mense in 2018 in natuurrampe dood. Die afgelope drie dekades is 53 000 in sulke rampe dood.

Meer oor:  Klimaatsverandering  |  $150 Mjd.  |  Natuurrampe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.