Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rare gesig in boskamp waar ollie ’n krokodil doodval
Die olifant se karkas op dié van ’n krokodil by Kafunta Safari’s se Island Bush-kamp in Zambië. Foto: Verskaf

’n Krokodil wat moontlik uitgesien het na ’n groot maaltyd, is saam met ’n olifant dood toe die olifant die krokodil vermoedelik doodgeval het.

Gaste by Kafunta Safari’s in Zambië het op ’n staptog op die karkas van ’n olifant afgekom. Maar toe hulle dit van nader bekyk, kon hulle hul oë nie glo nie – dit het gelyk of die olifant ’n krokodil-stert het.

Dit was egter nie een of ander vreemde skepsel in ’n wetenskapsfiksierolprent nie, maar die olifant se karkas het op dié van ’n krokodil gelê.

Die karkasse is op 9 Oktober by die Kafunta-lodge se Island Bush-kamp in die suide van die Luangwa-vallei in Zambië gevind.

“Ons vermoed dit was ’n beseerde olifant wat besig was om die rivierbank te probeer uitklim toe hy dood neerslaan en op die krokodil val,” sê Theuns Kruger, die lodge se bestuurder.

Hy vermoed hulle het was al ten minste ’n week dood voordat hul karkasse gevind is.

“Ons vermoed die olifant het dalk gebloei en is agtervolg deur die krokodil wat bloed geruik het. Die olifant moes te swak gewees het om rivierbank uit te klim.”

Stephan Joubert, bestuurder van die boskamp, het die groep gelei en sê almal was stomgeslaan.

“Ek het gedink dit was bra ongelukkig (vir die krokodil) om op ’n leë maag te vrek as hy gedink het daar wag ’n groot maaltyd op hom,” sê Joubert.

Volgens Kruger het Kafunta die Zambiese departement van nasionale parke en wildlewe ontbied omdat hulle bang was stropers het die olifant dalk gekwes.

“Die departement het bevind daar is nie tekens van vuilspel nie,” sê hy.

Die twee se dood was egter die aasvoëls se brood en dié voëls het op die karkasse toegesak.

Die krokodil se sterk steek uit onder die karkas van die olifant. Foto: Verskaf
Aasvoëls het reeds hul pond vleis geëis van die karkasse van die olifant en krokodil. Foto: Verskaf


Meer oor:  Zambië  |  Olifant  |  Krokodil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.