Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Reëls oor wilde diere skaad sake’

Toerismeplekke wat interaksie met wilde diere aanmoedig, het by die regering gaan kla dat die Suider-Afrikaanse Toerismediensvereniging (Satsa) hulle probeer dwing om hul deure te sluit.

Hulle beweer Satsa maak inbreuk op hul regte om die onderneming van hul keuse te bedryf deur toeroperateurs en toeriste aan te raai om nie hul plekke te besoek nie.

Satsa het in Oktober nuwe riglyne aan sy lede uitgereik dat hulle nie toerismeplekke moet ondersteun wat interaksie met wilde babadiere toelaat of waar daar saam met roofdiere en olifante gestap word en op olifante se rûe gery word nie. Satsa waarsku sy lede baie van hierdie toerismeplekke waar diere “vir menslike genot misbruik word”, is betrokke by die onwettige handel in wild sowel as by die geblikte leeujag- en teelbedryf.

Die leeus kies self of hulle saam met mense wil stap.

Volgens Satsa se riglyne tree toerismeplekke wat interaksie tussen wilde diere en toeriste toelaat oneties op omdat dit dikwels skadelik is vir diere.

Sowat 280 individue wat ’n belang in sulke toerismeplekke het, het nou ’n brief aan die president en die minister van omgewingsake geskryf waarin hulle kla Satsa se riglyne is “misleidend en diskriminerend” en ondermyn hul regte op gelyke indiensneming. Hulle vra die regering om Satsa se riglyne nie te ondersteun nie omdat dit nie op navorsing gegrond is nie en nie in die belang van dierewelsyn, natuurbewaring en biodiversiteit is nie.

“Ons grondwetlike regte word nie erken of gerespekteer nie, waaronder die reg op vryheid van assosiasie om met ander spesies te assosieer en om interaksie met hulle te bewerkstellig,” lui die brief.

Willie Jacobs van die Ukutula-lodge-en-wildreservaat naby Brits sê dit is vir hulle problematies dat Satsa almal oor dieselfde kam skeer.

Ukutula bied geleenthede aan toeriste om saam met leeus te loop. “Ons sorg goed vir ons diere en hulle is gelukkig. Daar is geen manier wat hulle enigsins skade opdoen wanneer daar interaksie met mense is nie. Die leeus word aan hul vrye wil oorgelaat en hulle kies self of hulle saam met mense wil stap. Ons laat nie mense toe om hulle op te tel nie.”

Keira Powers, voorsitter van Satsa se komitee vir diere-interaksie, sê hul lede het twee jaar gelede gevra dat hulle riglyne oor interaksie met wilde diere moet neerlê toe Suid-Afrika kwaai onder skoot gekom het oor roofdiere wat hier in gevangenskap geteel en gejag word.

Meer oor:  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.