Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Reën, donderstorms vir KZN en binneland voorspel

Swaar reën en erge donderstorms kan Woensdagmiddag en -aand oor groot dele van die binneland, sowel as oor KwaZulu-Natal (KZN) voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW) het ’n waarskuwing uitgereik dat hael wat skade kan aanrig en sterk wind tesame met swaar reën in die binneland kan voorkom.

Dit kan in sekere dele van Gauteng, die hoëveld van Mpumalanga en in KZN tot kitsvloede lei.

Daar is ook ’n groot brandgevaar vir die westelike en sentrale dele van Limpopo.

Luidens die weerdiens sirkuleer koue lug Woensdag oor KZN en sal dit ook na die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo beweeg.

Inwoners van Noordwes en Limpopo kan Donderdag reën oor groot dele van die provinsies verwag.

Swaar donderbuie en hael word vir Donderdag vir Gauteng, die noordoostelike Vrystaat, dele van Mpumalanga en die suide van Limpopo, wat die Waterberg-streek insluit, voorspel. Die Waterberg-streek gaan tans gebuk onder ’n erge droogte.

Daar is Donderdag ook ’n uiters hoë brandgevaar vir die noordwestelike dele van die Namakwa-streek in die Noord-Kaap, sowel as vir die noordelike en westelike gebiede van Limpopo.

Gautengers en inwoners van die hoëveld van Mpumalanga en suidelike dele van Limpopo moet hulle Donderdag staal vir erge donderstorms wat met hael kan gepaardgaan.

Die weerdiens maan mense om nie op paaie te bestuur wat oorstroom is nie, omdat dit moeilik is om die diepte van die water te bepaal.

Mense in landelike gebiede is ook gewaarsku om seker te maak dat hul diere veilige skuilplek het.

Meer oor:  Donderstorms  |  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Swaar Reën  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.