Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Reën en koue vir W-Kaap op pad

Hoe nou? Koue weer in Januarie?

Kapenaars sal hierdie naweek hul warm klere uit die kas moet haal, want ’n koue front word vir die provinsie voorspel.

Volgens die Noorweegse weerdiens YR kan Wes-Kapenaars Vrydagaand reeds reën en sterk wind oor groot dele van die provinsie verwag. Lae temperature word ook vir die res van die naweek voorspel.

Overstrand: Reën word ook Vrydagaand vanaf 18:00 vir die Overstrand- en Overberg-gebied voorspel, waar erge brande tans woed.

’n Brand het Vrydagmiddag in die Overstrand-distrik uitgebreek en word tans deur stormsterkwind aangevuur. Huise in Franskraal is ontruim en ander dele van die distrik soos Bettysbaai en Gansbaai word ook deur die wegholbrande bedreig.

Kaapstad: Reën en sterk wind sal kan reeds laatmiddag Vrydag in die stad verwag word. Lae temperature van tussen 14 en 16 grade Celsius word vir die res van die naweek verwag.

George: Ligte reën word vir Vrydagaand en Saterdagoggend in George voorspel. Die reën sal vir die res van die naweek opklaar, maar kan teen Sondagaand weer uitsak.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Wind  |  Reën  |  Koue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.