Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Reën in Noordwes bring vreugde, kragprobleme

Hoewel boere in Noordwes jubel oor wydverspreide reën wat die afgelope dae in die provinsie geval het, veroorsaak die swaar reënneerslae ongerief vir sekere inwoners.

Henri Bosman, bestuurder van die Engen-vulstasie in Ventersdorp, sê dit het daar tussen 100 mm en 120 mm gereën.

Die Kleinhartsrivier naby Sannieshof in Noordwes is in vloed nadat swaar reën in groot dele van die provinsie geval het.Foto: Hans Schutte/Facebook

Die dorp en die omliggende gebiede is egter nou al sedert Woensdagoggend sonder krag nadat drie Eskom-pale weens die reën meegegee het en ook sonder water omdat elektrisiteit nodig is om water na die krane te pomp.

Bosman het Donderdag gesê die vulstasie (met sy Wimpy) het sedert Woensdag R6 600 aan diesel bestee om hul kragopwekker aan die gang te hou.

“Mense van die dorp en township kom staan tou vir water by ons. Ons gee vir hulle beperkte hoeveelhede sodat hulle ten minste hul gesig kan was.”

Goeie reën kort voor die winter vul die ondergrondse water aan en die gras begin in die lente vroeër groei en groen word.

Willie Maphosa, munisipale woordvoerder van die J.B. Marks-munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, het Donderdagmiddag gesê tegnici van Eskom werk daaraan om die gebreekte kragpale en herleiers wat Ventersdorp bedien te herstel. Hul werk word egter bemoeilik omdat die grond baie nat en modderig is.

“Van hul voertuie het Woensdag vasgeval,” sê Maphosa.

“Ons hoop die situasie verbeter wanneer die son begin skyn en die weer opklaar. Inwoners moet asseblief geduldig wees terwyl ons alles moontlik doen om die probleem so gou moontlik op te los.”

Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes, het Donderdag gesê dit het in die meeste dele gereën en dat van 15 mm tot 120 mm gemeet is.

Teen Dinsdagaand is tussen 20 mm en 75 mm in die Tosca-omgewing gemeet, tussen 75 mm en 100 mm in Kameel en tussen 10 mm en 55 mm in Jakkalskop. In dele van Delareyville is 68 mm gemeet en in Stella het plek-plek tot 52 mm geval. In Potchefstroom is meer as 100 mm in Baillie Park gemeet.

Goeie reën kort voor die winter vul die ondergrondse water aan en die gras begin in die lente vroeër groei en groen word. “Dit verbeter die gehalte van die weiding,” sê Pienaar.

Meer oor:  Noordwes  |  Swaar Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.