Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Reën Vrydag oor groot dele van W-Kaap verwag ná hittegolf

Reënbuie word Vrydag oor dele van die Overberg-distrik, die Suid-Kaap en die Karoo in die Wes-Kaap verwag ná die hittegolf oor groot dele van die provinsie vandeesweek.

Strandgangers kuier op Kampsbaai se strand in Kaapstad om verligting van vandeesweek se hitte te vind.Foto: Jaco Marais

Die reënweer behoort tot Saterdag voort te duur en ook oor die grootste deel van die Oos-Kaap voor te kom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Vrydag oor die suidelike dele van die Weskus-gebied en die sentrale dele van die Namakwaland-streek in die Noord-Kaap.

In die Oos-Kaap kan ’n hittegolf oor die noordelike en sentrale binneland tussen Graaff-Reinet en Queenstown tot Vrydag duur met sterk wind wat ook verwag word.

Warm, bedompige weer kan ook ongemak suidoos van die platorand verskaf.

Vrydag is daar ’n 60%-kans op buie in George, Mosselbaai, Riversdal, Kaap Agulhas en Plettenbergbaai.

Vir Worcester, Hermanus, Grabouw en Oudtshoorn is die kans op buie 30%.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 25 °C voorspel en ’n suidoostewind van tot 40 km/h.

Vir George is die maksimum 22 °C en ’n suidwestewind van tot 20 km/h.

In Beaufort-Wes en Redelinghuys kan die kwik tot 35 °C styg.

By Langebaan kan die suidewind ’n spoed van tot 50 km/h bereik en in Redelinghuys word ’n suidwestewind van tot 40 km/h verwag.

Verder is daar ’n 30%- tot 60%-kans op reën en buie oor die grootste deel van die Oos-Kaap, met die temperature hoofsaaklik tussen 25 °C en 30 °C.

Vir Port Elizabeth word ’n maksimum van 25 °C en ’n suidwestewind van tot 40 km/h voorspel.

Die kwik kan egter tot 38 °C in Queenstown en 37 °C in Mthatha styg.

Teen Saterdag is daar ’n 60%-kans op buie in George, Mosselbaai, Riversdal en Kaap Agulhas.

Vir Worcester, Hermanus, Grabouw en Oudtshoorn is daar ’n 30%-kans op buie, asook vir Plettenbergbaai.

Vir Kaapstad word ’n suidoostewind van tot 50 km/h voorspel en vir Langebaan ’n suidewind van tot 40 km/h.

In die Oos-Kaap is daar Saterdag ’n 30%- tot 60%-kans op reën oor die grootste gedeelte van die provinsie, met ’n 60%-kans op reën en donderbuie in Mthatha.

Meer oor:  Weer  |  Hittegolf  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.