Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Renosterkalf op Valentynsdag gebore
Die nuwe renosterkalf en sy ma in die Aquila- private wildreservaat.

Die eerste foto’s van ’n renosterkalfie wat op Valentynsdag in die Aquila- private wildreservaat naby Touwsrivier gebore is, is Vrydag die wêreld in gestuur.

Die wildreservaat sê die kalfie en ma is Vrydagoggend deur sy teenstropingseenheid opgemerk. Die foto’s wys die ma en haar spruit wat alte lekker in die veld loop.

Volgens Aquila was hy die eerste wildreservaat om ’n renoster in 250 jaar na die Wes-Kaap terug te bring.

Die eerste renosterkalf is in Februarie 2005 in die wildreservaat gebore.

’n Nuwe renosterkalf skuil by sy ma in die Aquila- private wildreservaat. Foto: Aquila- private wildreservaat

Nou 15 jaar later is Aquila se bewaringspanne verheug om die geboorte van nog ’n renosterkalf daar te kan bevestig, sê die wildreservaat in ’n verklaring.

Die wildreservaat meen besoekers kan heel moontlik ’n goeie blik op die nuweling kry.

Drie van Aquila se renosters is in 2001 tydens ’n stroopvoorval aangeval. Een is gered en een was reeds dood toe hulle ontdek is. Die ander renoster het vyf dae oorleef, maar het toe weens sy beserings gevrek.

Dit het die wildreservaat sonder enige bulle gelaat om sy teelprogram voort te sit.

In Mei 2014 het Aquila ’n nuwe renosterbul van Limpopo vir sy teelprogram bekom. Teen die einde van 2015 en die begin van 2016 is vier renosterkalfies by die wildreservaat gebore.

Volgens Aquila is die Valentynsdag-geboorte ’n trotse oomblik vir sy bewaringspanne.

Die renoster se geslag is nog nie bekend gemaak nie.

’n Renoster en haar nuwe spruit in die Aquila- private wildreservaat. Foto: Aquila- private wildreservaat

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.