Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Renosterkoeie terug in natuur ná redding

Twee renosters waarvan die horings vyf jaar gelede met ’n kettingsaag deur stropers afgesaag is en wat vir dood agtergelaat is, is Maandag weer in die natuur vrygelaat nadat hulle gered en gerehabiliteer is.

Die twee koeie, wat intussen Lion’s Den en Dingle Dell genoem is, het in 2013 by die Hoedspruit-eenheid vir bedreigde spesies (HESC) in Limpopo aangekom nadat stropers op hulle toegeslaan het.

Lion’s Den en Dingle Dell wat vyf jaar gelede deur stropers aangeval is. Foto: Hoedspruit-eenheid vir bedreigde spesies

“Drie renosters is in die voorval beseer, twee koeie en ’n bul. Hul horings is afgesny en hulle is erg gewond. Ongelukkig het die bul dit nie oorleef nie,” sê Karin Swiegers van HESC.

“Die koeie se wonde is twee jaar lank behandel,” sê Swiegers.

Volgens Swiegers was dit nie ’n maklike pad nie. “Ons moes hulle wonde gedurig monitor. Die groot oop wonde is daagliks skoongemaak om infeksie te voorkom. Hulle is nou gesond en hoewel ons die twee gaan mis, is ons bly hulle kan weer vry in die natuur rondloop.”

HESC fokus op navorsing, behandeling en rehabilitasie van veral renosters wat onder stropers deurgeloop het. Die sentrum huisves ook verskeie ander diere soos olifante en jagluiperds.

Swiegers sê die sentrum help nie net bedreigde diere nie, maar maak ’n groot verskil in die oorlewing van diere en mense.

Lente Roode, direkteur en stigterslid van HESC, het gesê sy sal nooit die dag vergeet toe die twee renosterkoeie daar aangekom het nie. “Geen dier of mens moet ooit beleef wat die twee koeie moes deurmaak nie.”

Lion’s Den en Dingle Dell is Maandag in die natuur vrygelaat. Foto: Hoedspruit-eenheid vir bedreigde spesies
Dingle Dell nadat stropers haar horing met ’n kettingsaag afgesaag het. Foto: Hoedspruit-eenheid vir bedreigde spesies
Lion’s Den tydens een van die behandelingsessies. Foto: Hoedspruit-eenheid vir bedreigde spesies
Meer oor:  Renosters  |  Stroping  |  Rehabilitasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.