Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Renosters kruip diep in prinses Charlene se hart

Suid-Afrika se renosters het diep in prinses Charlene van Monaco se hart gekruip.

Prinses Charlene saam met veldwagters van Thanda Safari se teenstropingseenheid. Foto: Christian Sperka

Die voormalige Olimpiese swemmer wat met prins Albert van Monaco getroud is, het die land besoek om skakelwerk vir verskeie projekte van die Prinses Charlene van Monaco-stigting te doen.

Prinses Charlene in die veld om bewusmaking oor renosterstropery te skep. Foto: Christian Sperka
Prinses Charlene deel ’n spesiale oomblik met ’n jong renosterkoei. Foto: Christian Sperka

Sy was juis besig met bewusmaking oor renosterstropery toe sy oor-neus-en-keelinfeksie opgedoen het, het die koninklike paleis in Monaco vroeër bevestig.

Foto’s van haar saam met renosters en veldwagters van die wildreservaat Thanda Safari in KwaZulu-Natal het wêreldwyd groot belangstelling in die bewaring van renosters ontlok.

Hier het sy gehelp om renosters te monitor en op te spoor, saam met die teenstropingseenheid in die veld uitgegaan en ’n operasie bygewoon waartydens ’n witrenoster verdoof en onthoring is.

“Die hele ervaring het my geruk,” sê sy in ’n verklaring.

“Ek het wonderlike mense ontmoet en met die spoorsnyers en teenstropingseenhede gepraat wat almal ’n ongelooflike passie het om ons renosters en omgewing te beskerm.”

Prinses Charlene saam met die veldwagters in die helikopter terwyl hulle renosters verdoof sodat hulle onthoring kan word. Foto: Christian Sperka

Nadat haar aanhangers foto’s van die prinses saam met die renosters en die span by Thanda Safari op Instagram gesien het, wou hulle weet wat met die renosters gebeur, waarom hulle onthoring word en hoe hulle die renosters kan help beskerm.

“Die ervaring was baie emosioneel. Ek het eerstehands die angs en benoudheid van die renosters ervaar wanneer ons hulle moes onthoring sodat stropers hulle nie teiken nie. “Ek wil alles in my vermoë doen om die renosters te beskerm, insluitende geldinsamelings vir bewaring en om my kinders en ander oor die bewaring van renosters in te lig.”

Prinses Charlene is steeds in Suid-Afrika terwyl sy van die infeksie herstel.

Meer oor:  Prinses Charlene  |  Renosters  |  Wildbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.