Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rietvlei se nuwe renosterkalf kry ’n naam

Hoewel die witrenosterkoei India haar kalfie nog ver van mense af hou, kon natuurbewaarders van die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria darem al die geslag bepaal en die kalf ’n naam gee.

Die renosterkalf Alpha word nog goed deur sy ma versteek.

Die bulkalf, wat einde Maart gebore is, is Alpha gedoop.

Dana Wannenburg, burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur in die Tshwane-metroraad, sê die name van Rietvlei se renosters word volgens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) se internasionale fonetiese alfabet gekies.

In Maart 2020 is die witrenoster Pippa se kalf, Zola, gebore.

India is in 2011 vanaf die Hluhluwe-iMfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal in Rietvlei hervestig. Alpha is haar vierde kalf nadat die eerste in 2014 gebore is.

Volgens Wannenburg is India nog baie beskermend oor haar jongste.

“Soos dit winter word en met ons natuurbewaarders se aanvullende voedingsprogram, sal Alpha meer gewoond raak aan mense en sal dit vir die publiek makliker wees om hom te sien wanneer hulle die reservaat besoek,” sê hy.

Die reservaat het ook buffels, jagluiperds, verskeie boksoorte en talle voëlspesies.

Wannenburg het vroeër aan Netwerk24 gesê Rietvlei verskerp nou sy sekuriteit as deel van planne om sy leeubevolking te hervestig.

Meer oor:  India  |  Alpha  |  Rietvlei  |  Nuwe Naam  |  Renoster  |  Renosterkalf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.