Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rioolvuil: Phalaborwa-hoës verkla

Die DA het eergister strafregte­like klagte ingedien teen die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit se munisipale bestuurder en direkteur van tegniese dienste weens rioolvuil wat al “langer as twee jaar” in die bolope van die Olifantsrivier deur die Krugerwildtuin tot in Mosambiek vloei.

Desiree van der Walt, DA-LP wat van Limpopo kom, sê daar is besluit om die klagte teen die amptenare aanhangig te maak omdat dit hul verantwoordelikheid is om toe te sien dat mense se grondwetlike reg op ’n skoon en gesonde omgewing nie vertrap word nie.

Volgens haar is dit ook duidelik dat Irene Moakamela, Ba-Phalaborwa se munisipale bestuurder, toelaat dat die Waterwet, asook omgewingswetgewing, verontagsaam word.

Die rioolvuil wat by gebreekte pompe uitborrel, is ook te wyte aan ’n gebrek aan behoorlike dienslewering en instandhouding van infrastruktuur, sê Van der Walt.

Skuimende rioolvuil in die droë Tsetsi-loop, in die bolope van die Olifantsrivier.

Manie Kriel, inwoner van Phalaborwa, sê die rioolvuil van minstens 8 000 huishoudings in Phalaborwa loop daagliks in die droë Tsetsi-loop, dan in die Selatirivier en daarna in die Olifantsrivier.

“Dit gaan al jare so aan,” sê Kriel.

Hy sê mense is uiters bekommerd oor die negatiewe uitwerking wat die besoedelde water op die diere- en plantlewe in die wildtuin het.

“Ons is ook bekommerd oor die gesondheid van die mense in die omgewing wat om die rioolafval woon,” sê Kriel.

Beeld het Moakamela vergeefs probeer kontak.

Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, sê die wildtuinbestuur is terdeë bewus van die probleem, maar praat tans met die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit daaroor.

“Ons is in ’n forum saam met hulle en ek is seker die probleem sal binnekort opgelos word. Ons monitor die situasie,” sê hy.

Meer oor:  Phalaborwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.