Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rob, skilpad uit visnet gered
Die rob en ’n skilpad wat in visnette vasgevang is op Langstrand in Kommetjie. Foto: Verskaf

’n Rob en ’n karetskilpad wat in ’n visnet verstrengel was en op Langstrand in Kommetjie uitgespoel het, is Woensdag gered.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, sê die diere was in dieselfde net verstrengel.

Hy sê die rob was getraumatiseerd en lede van die NSRI het gespesialiseerde toerusting gebruik om die twee diere te bevry.

“Die rob het ongedeerd na die see teruggekeer toe hy bevry is en die skilpad is na die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad gebring waar hy verdere versorging en rehabilitasie sal kry.”

Lambinon sê die personeel is vol vertroue dat die skilpad binnekort na die see sal kan teruggekeer.

Lede van die NSRI bevry die twee diere.Foto: Verskaf
Die karetskilpad wat by Kommetjie gered is.Foto: Verskaf
Die karetskilpad gaan by die Twee Oseane-akwarium gerehabiliteer word voordat hy weer in die see vrygelaat word. Foto: Verskaf
Meer oor:  Twee Oseane-Akwarium  |  Nsri  |  Kommetjie  |  Bewaring  |  Reddingspoging  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.