Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rob vrek ná hy in visnet verstrengel was

’n Rob is dood nadat hy met ’n stuk visnet om die nek op ’n strand naby Hartenbos in die Suid-Kaap gevind is.

Die rob wat met ’n stuk visnet om die nek gevind is op ’n strand naby Hartenbos. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)

Lede van die Bayview-buurtwag wat op die strand op patrollie was, het die rob Vrydag net voor 06:00 gevind.

Die rob was verstrengel in die visnet, volgens Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart), ’n Mosselbaaise organisasie wat hom vir die redding en bewaring van seediere beywer. Dele van die visnet was styf om die rob se nek gedraai.

Die buurtwag het Smart dadelik ontbied en sy vrywilligers het die dier gevang gekry. Die rob is na dr. Frans de Graaff, Smart se veearts in Hartenbos, geneem. Die visnet is afgesny, maar die rob, wat septiese skok opgedoen het en ook ander beserings gehad het, is ’n paar uur later dood.

Volgens Smart het die rob waarskynlik in die visnet wat in die see gedryf het, verstrengel geraak.

Mense wat op beseerde of gestrande seediere afkom, kan Smart by 072 227 4715 skakel. Sy bedieningsgebied is vanaf Gouritsmond, buite Mosselbaai, tot in Wildernis, buite George.

Die visnet word van die rob se nek geknip. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)
Van die visnet om die rob se nek. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)
Die rob met die visnet om die nek nadat hy op ’n strand naby Hartenbos gevind is. Die toue van die net het diep in die rob se nek ingesny. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)

Meer oor:  Hartenbos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.