Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rondloperleeus terug in wildtuin
Johan Odendaal, helikoptervlieënier, Neels van Wyk, sektorveldwagter by Krokodilbrug, dr. Peter Buss, senior veearts, en dr. Lufuno Netshitavhadulu, veearts, het die leeuwyfie met ’n verdowingspyl omgeklits en ’n opsporingstoestel in ’n halsband om haar nek aangebring.

Al die leeus wat gedurende die staat van inperking katvoet uit die Krugerwildtuin gesluip het, was slaggereed om gaste te vermaak toe die hekke heropen is.

Daguitstappies in die wildtuin is Maandag hervat en die laaste leeus wat regulasies verontagsaam en sonder maskers in naburige plase en woonbuurte gaan stap het, is Sondag teruggejaag.

Dr. Ferreira du Plessis, ’n veearts van die Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad (MTPA) wat verantwoordelik is vir konflikbestuur tussen wild en mense, sê vyf leeus het Sondag besluit om by ’n plaas langs die wildtuin te gaan kuier.

Die MTPA het met behulp van die wildtuin se veldwagters en ’n helikopter die vyf leeus teruggejaag.

Volgens Du Plessis is een van die leeus met ’n verdowingspyl geskiet waarna sy ’n halsband met ’n opsporingstoestel ontvang het om die trop se beweging dop te hou.

Die span besig om die leeu se opsporingstoestel gereed te kry.
Dr. Peter Buss, senior veearts, en dr. Lufuno Netshitavhadulu, veearts, maak seker die leeu word wakker ná die verdowingspyl.

Netwerk24 het voorheen berig oor ’n leeumannetjie wat in Mei uit die wildtuin ontsnap het.

Die mannetjie het vir twee weke kat-en-muis gespeel met veldwagters in die Kiepersol-plaasgemeenskap tussen Hazyview en Witrivier.

Du Plessis sê hulle het egter weke laas enige teken van die leeu gesien en hul soektog gestaak.

“Ons vermoed hy is self terug wildtuin toe,” sê Du Plessis.

Netwerk24 het ook berig oor ’n leeuwyfie en haar welpies wat in Marloth Park rondloop.

“Die wyfie is terug wildtuin toe en die gat in die draad waardeur sy gekruip het, is reggemaak,” sê Du Plessis.

Sover sy kennis strek, is daar geen leeus wat tans nog buite die wildtuin wandel nie.

Meer oor:  Krugerwildtuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.