Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Roodekrans-arend kry weer maat
Die witkruisarendwyfie, Makatsa, wie se mannetjie op 8 Junie laas in die kranse van die Walter Sisulu-Botaniese Tuine in Roodepoort gesien is, en haar nuwe maat.Foto: Shane Wilken

Die witkruisarendwyfie wie se mannetjie op 8 Junie laas in die kranse van die Walter Sisulu- Botaniese Tuine in Roodepoort gesien is, het ’n nuwe maat.

“Ek is opgewonde oor wat hier voor my oë afspeel,” sê Gerald Draper, voorsitter van die Roodekrans-witkruisarendprojek, wat die voëls by die tuine dophou.

Volgens Draper is die wyfiearend, Makatsa, Saterdag vir die eerste keer saam met haar nuwe maat opgemerk waar hulle oor haar nes sirkel met ’n kuiken wat sy by die vorige mannetjie, Thulane, gehad het.

Makatsa en haar nuwe maat sirkel oor haar nes in die Walter Sisulu- Botaniese Tuine in Roodepoort. “Ek kon nie my oë glo toe ek Saterdag ’n nuwe mannetjie by haar sien nie,” sê Gerald Draper, voorsitter van die Roodekrans-witkruisarendprojek, wat die voëls by die tuine dophou. Foto: Shane Wilken
Makatsa die witkruisarend en haar nuwe maat sirkel oor haar nes in die Walter Sisulu- Botaniese Tuine in Roodepoort. Die vraag is nou of die nuwe mannetjie die kuiken gaan aanvaar en kos na die nes toe sal bring,” sê Draper.Foto: Shane Wilken

“Dit is normaal vir ’n wyfie om ’n nuwe mannetjie te gaan soek wanneer haar oorspronklike maat iets oorgekom het. Die vraag is nou of die nuwe mannetjie die kuiken gaan aanvaar en kos na die nes toe sal bring,” sê Draper, wat gereeld beurte maak om saam met ander vrywilligers van die projek die arende, wat al sedert die 1940’s in die omgewing is, deur ’n teleskoop en verkykers dop te hou. Sedert Thulane se verdwyning het Makatsa haar moederlike pligte uitstekend nagekom deur net kort rukkies uit die nes te vlieg om kos vir die jongeling te kry.

“Ek kon nie my oë glo toe ek Saterdag ’n nuwe mannetjie by haar sien nie,” sê Draper, wat intussen literatuur oor witkruisarende bestudeer om uit te vind of ’n nuwe mannetjie ’n kuiken, wat nie sy eie is nie, sal aanvaar. “Ons filosofie is in elke geval om nie met die natuur in te meng nie. Ons sal moet wag en sien wat volgende gebeur,” sê hy.

Shane Wilken, ’n natuurfotograaf wat die arende by die tuine gereeld afneem, meen dat die nuwe mannetjie die kuiken sal aanvaar as sy eie. “Dit is wat ek hoop sal gebeur. Ek is net bly daar is ’n maat vir Makatsa om weer te broei nadat Thulane weggeraak het,” sê Wilken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.