Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Rooigety: Kreef spoel nie meer uit
Mense versamel kreef wat op die strand by Elandsbaai uitgespoel het. Foto: Facebook/Cederberg-munisipaliteit

Vir langer as ’n week nou al het geen kreef weens die rooigety in die omgewing van St. Helenabaai aan die Weskus uitgespoel nie.

“Dit ondanks navorsingsinligting wat daarop dui dat die rooigety langs die noordelike kus van St. Helenabaai van Dwarskersbos tot noord van Lambertsbaai gestrek het en suidwaarts beweeg het,” lui ’n verklaring van die departement van landbou, bosbou en visserye Sondag.

Op Vrydag 15 Januarie was die rooigety verantwoordelik vir ongeveer ’n ton Weskus-kreef wat in die omgewing van Elandsbaai gevrek het.

Talle seediere soos kreef, seekatte, witmossels en sommige soorte vis het op die strand uitgespoel weens die tekort aan suurstof in die water.

Lewendige krewe het ook uit die see geloop in dié omgewing en mense het hieruit probeer voordeel trek.

Die Cederberg-munisipaliteit het gesê daar was ’n “aggressiewe” poging van plaaslike inwoners om die lewendige krewe te versamel. Die munisipaliteit en die departement het saamgewerk om die krewe terug in die see te gooi.

Mense dra kratte vol seediere weg wat uitgespoel het weens die rooigety. Foto: Facebook/Cederberg-munisipaliteit

’n Rooigety ontstaan wanneer die natuurlike alge in die water buite beheer begin groei. Dit lei tot ’n suurstoftekort in die water en kan selfs gifstowwe afskei wat dodelik is vir visse en ander seediere.

Die departement sê: “Die vloei van die skadelike algebloei van fitoplankton na die suide van St. Helenabaai sal waarskynlik nie meer krewe laat vrek nie, as gevolg van die kleiner voorkoms van kreef in die streek.

“Dit is wel moontlik dat ander seediere kan vrek, veral in die Bergriviermonding. Die publiek word gewaarsku om geen vis en skulpvis wat uitspoel, te eet nie, as gevolg van die rooigety wat ’n ernstige gesondheidsgevaar kan inhou,” lui die verklaring.

Rooigety-organismes kan by mense respiratoriese nood – byvoorbeeld hoesbuie en kortasem – veroorsaak as hulle deur seesproei daaraan blootgestel word.

Meer oor:  Weskus  |  Kreef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.