Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
RPO geskok oor nuus dat Botswana beeste uitvoer

Die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) het met “skok en verbasing” kennis geneem dat Fidelis Molao, die minister van landbou-ontwikkeling en voedsel­sekerheid van Bo­tswana, bekend gemaak het dat beeste op ’n tydelike grondslag toegelaat sal word om vir slagting uitgevoer te word.

Volgens Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die RPO, is dit net nog ’n voorbeeld van maatreëls wat aangepas word om die uitvoerland te pas sonder inagneming van implikasies. Hierdie aksie is nie met die Suid-Afrikaanse bedryf bespreek nie.

“Die RPO is van mening dat dié eensydige aankondiging verdere finansiële druk sal plaas op kommersiële en opkomende beesboere in Suid-Afrika,” het hy gesê.

Meer oor:  Botswana  |  Landbou  |  Uitvoer  |  Beeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.