Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ryke visbevolking in Goukamma-gebied nagevors

CapeNature het met ’n navorsingsprojek in die Goukamma-natuurreservaat by Buffelsbaai in Knysna begin na die diversiteit en oorvloed van vis in en om sy mariene beskermde gebied.

Volgens CapeNature word Wêreldvisseryedag jaarliks op 21 November gevier om die belangrikheid van vis te beklemtoon.

Die Goukamma-natuurreservaat se mariene beskermde gebied is ryk aan visspesies. Foto: Verskaf

CapeNature sê in ’n verklaring die navorsingsprojek word in samewerking met vrywilliger-hengelaars gedoen.

Die Goukamma- beskermde gebied het tot stand gekom om die aanlandige mariene omgewing te beskerm. Data word ingesamel tydens agt naweekuitstappies per jaar deur agt vrywilliger-hengelaars.

Die bevolkings van lynvis-spesies by die kus word gemonitor om die grootte en ouderdom van visbevolkings oor tyd vas te stel.

Volgens CapeNature dra die bestuur van mariene beskermde gebiede by tot die volhoubare bestuur van visbevolkings en gesonde ekostelsels.

Belangrike visspesies wat groot genoeg is, word gemerk.

Die data word gebruik vir die Oseanografiese Navorsingsinstituut in Durban, onder meer om visse se groei en bewegings beter te verstaan. Visbevolkings in en om die mariene beskermde gebied word dan deur die navorsers vergelyk.

Wayne Meyer, veldwagter in die Goukamma-natuurreservaat, sê Goukamma is steeds oop vir kusvissery, hoewel dit ’n beskermde mariene gebied is. Dit bring mee dat die aanlandige lynvis-spesies min beskerming geniet.

’n Versoek is by die departement van omgewingsake ingedien om ’n deel van die kus vir lyn-hengel te sluit.

Meer oor:  Capenature  |  Buffelsbaai  |  Omgewing  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.