Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
S-Kaap wil aanpas by klimaat wat verander

’n Sambreelorganisasie vir omgewingsbewaring en klimaatsaanpassing in die Suid-Kaap word volgende week bekend gestel.

Die Garden Route Environmental Forum (GREF) word tot stand gebring deur die Garden Route-distriksmunisipaliteit en ander belanghebbendes, lui ’n verklaring deur die nuwe forum.

Die Outeniekwaberge by George ná verwoestende veldbrande verlede maand. Foto: Jackie Kruger

Die organisasie sal onder meer gemoeid wees met die koördinering van bewaring in die streek en maniere om by klimaatsverandering aan te pas.

Die Suid-Kaap het al hoe meer te doen met verhoogde risiko’s vir die omgewing soos watersekuriteit en die verlies van biodiversiteit wat kan lei tot minder ekonomiese geleenthede en druk op kwesbare gemeenskappe, luidens die verklaring.

’n Bestendige en deurlopende instroming van mense, ’n groter vraag na vars water en ontwikkelingsgrond, ’n verhoogde risiko vir veldbrande en druk van mense op die Tuinroete se sensitiewe ekologie word alles beskou as sleutelpunte om ’n omgewing te skep wat gereed is vir klimaatsverandering.

Cobus Meiring van die GREF-sekretariaat sê onder meer ’n omgewing sonder indringerplante en skoon waterweë en opvangsgebiede sal die streek vorentoe neem om risiko’s te verminder.

“Klimaatsverandering, die verspreiding van indringerplante en die langtermyn-uitwerking daarvan op die streek sal owerhede, natuurbewaarders en grondbestuurders met min ander keuses laat as om te beplan rondom dit wat die natuur in die toekoms in die streek gaan doen,” het hy gesê.

Die GREF word Dinsdag in Mosselbaai bekend gestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.