Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
SA bewaar voortaan sy renosters as 1 trop

Alle renosters in Suid-Afrika sal voortaan as “ ’n enkele nasionale trop” bewaar word.

Die Vredespark-stigting het Dinsdag, op Wêreldrenosterdag, in ’n verklaring gesê sewe intensief beskermde geografiese sones­ sal afgebaken word om gebiede­ waar dié diere in nasionale en private reservate voorkom.

Hierdie benadering sal die voorheen “gefragmenteerde beskerming” van renosters vervang.

Die stigting en die departement van omgewingsake, bosbou en visserye het saamgespan om dié sewe wildlewe-sones te vestig.

Die projek word gefinansier deur Amerika se Staatsburo vir Internasionale Narkotika- en Wetstoepassingsake en die pos-loterye van Nederland, Swede en Brittanje.

Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, sê die afbakening van die gebiede waar renosters voorkom, sal ook ander wild en mense­ in die omgewing beskerm.

Sy sê hierdie samewerking tussen die regering en private rolspelers is in ooreenstemming met die doelwitte van Suid-Afrika se nasionale geïntegreerde strategie vir die stryd teen die onwettige handel in wild.

Volgens Creecy sal die sones en die feit dat meer hulpbronne hier beskikbaar sal wees, die renosterstropery en die smokkelhandel in renosterhoring stuit.

Sy meen die klem sal val op proaktiewe­ optrede en die gebruik van tegnologie om stropers op te spoor.

Die Vredespark-stigting sê misdaadnetwerke het ongelukkig net so baie hulpbronne as wat hulle aanpasbaar is.

“Waar ons byvoorbeeld toegangspunte sluit, vind hulle hul weg deur ander gebiede wat nie so veilig is nie. Dit het ons gemotiveer om die wildsones in te stel om stropers op ’n nasionale vlak uit te dryf.”

Die sones sal in drie fases in werking gestel word en die klem sal val op nasionale koördinasie, die deel van kennis, gesamentlike beskerming en die versterking van nasionale inligting wat betref stropery en onwettige handel in wild.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.