Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
SA se nuwe agtpoot is groot, giftig

’n Nuwe spesie knopiespinnekop, van die genus Latrodectus, is in die noorde van KwaZulu-Natal naby Kosibaai ontdek.

Die nuwe spesie is groot, moontlik die grootste, met rooi merke op die rug en ’n rooi kol onder.

’n Nabye skoot van die nuwe knopiespinnekop. Foto’s: LUKE VERBURGHT

Die nieregeringsorganisasie Wild Tomorrow Fund (WTF) sê in ’n verklaring dit is voorlopig die Phinda-knopiespinnekop gedoop.

Prof. Ansie Dippenaar, een van Suid-Afrika se voorste arach­noloë, het Maandag gesê dié spesifieke knopiespinnekop is nog nie beskryf nie en wetenskaplikes bestudeer dit nog.

Barbara Wright, woordvoerder van WTF, sê dié spinnekop is verwant aan die Noord-Amerikaanse knopiespinnekop, of Black Widow.

Die Black Widow het sy naam daaraan te danke dat hy baie giftig is.

Knopiespinnekoppe is neurotoksies.

Dippenaar sê daar word jaarliks spinnekoppe in Suid-Afrika ontdek en beskryf.

Só lyk die wyfieknopiespinnekop van bo.

In die afgelope vyf jaar is 166 nuwe spinnekoppe oor die land heen ontdek. In Suid-Afrika is ses knopiespinnekopspesies reeds beskryf, sê Dippenaar. Die vorige was 30 jaar gelede.

Volgens Wright is daar wêreldwyd 31 spesies knopiespinnekoppe, waarvan agt in Afrika voorkom.

Die gebied waarin die Phinda-knopiespinnekop ontdek is, word erg bedreig en daarom moet dit beskerm word, sê Wright.

En só lyk sy van onder.

Die nuwe spesie is vir die eerste keer in 2014 in die Thembe-olifantpark gesien.

Dr. Ian Engelbrecht, ’n kenner van die departement dierkunde en entomologie van die Universiteit van Pretoria, sê die ontdekking is “baie opwindend”. Dit is vermoedelik die grootste knopiespinnekop wat tot nog toe in die wêreld ontdek is.

Hy sê die groot rooi kol op die wyfiespinnekop se rug en die een onder op die maag onderskei haar van al die ander knopiespinnekoppe in Suid-Afrika. Die ander het almal net een rooi kol: óf aan die onderkant óf op die rug.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.