Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sanparke sluit al 19 sy parke

Sanparke het aangekondig hy gaan nou sy 19 parke vir die duur van die nasionale inperking sluit.

Vroeër die maand het hy nog gesê dat al sy parke oopbly, maar hierdie besluit moes nou gewysig word.

Die parke is Woensdag gesluit en al die personeellede is huis toe gestuur, behalwe noodsaaklike werkers soos veldwagters, veiligheidswagte en nooddienswerkers, sê Reynold Thakhuli, Sanparke-woordvoerder.

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof, sê personeel en besoekers se gesondheid en veiligheid is vir Sanparke ’n prioriteit.

“Ons versoek dus dat alle oornag-gaste die parke vandag, Woensdag, 25 Maart, verlaat om te verseker dat hulle genoeg tyd het om terug te keer na hul huise voordat die staat van inperking om middernag Donderdag in werking tree. Dagbesoekers sal ook nie meer in die parke toegelaat word nie,” sê Mketeni.

Hy sê buitelandse besoekers wat van hoë-risiko-lande kom, en wat voor 9 Maart daar aangekom het en steeds in die parke is, mag volgens opdrag van die regering nie die parke verlaat nie.

“Hulle is almal geïdentifiseer. Hulle sal ondersteun word en inligting oor reisreëlings kry. Hulle sal ook gehelp word om kontak met hul ambassades te maak.”

Volgens Mketeni het Sanparke sy besprekingsbeleid hersien om gaste te akkommodeer nadat die staat van inperking aangekondig is. Die uitstel van besprekings sal nie aan bykomende heffings of geld onderhewig wees nie.

“Daarom versoek ons gaste wie se reise kortgeknip is of diegene wat nie hul Sanparke-besprekings kan nakom nie, om eerder na ’n latere datum uit te stel plek van om die besprekings te kanselleer.”

Meer oor:  Gesluit  |  Sanparke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.